176 sterf toe Boeing neerstort

Opruimings- en ondersoekwerk op die ongelukstoneel is onderweg. (Foto: Mohammad Nasiri/AP)

ʼn Oekraïnse vliegtuig met 176 mense aan boord het Woensdag neergestort kort nadat dit by die Iranse hoofstad Teheran opgestyg het. Iranse staatstelevisie het berig almal aan boord van die vliegtuig is dood.

Die vliegtuig het van die Imam Khomeini- internasionale lughawe opgestyg toe ʼn brand in een van die enjins ontstaan het, het Kassem Biniaz, ʼn woordvoerder vir die land se departement van paaie en vervoer, gesê. Die vlieënier het beheer oor die vliegtuig verloor en dit het neergestort.

Die vliegtuig het 167 passasiers en nege bemanningslede van verskeie lande aan boord gehad. Dit was onderweg na die Oekraïnse hoofstad, Kiëf.

Vlugdata van die lughawe wys die Oekraïnse Boeing 737-800 van Kuraine International Airlines het opgestyg en bykans dadelik daarna opgehou om vlugdata uit te stuur, het FlightRadar24 berig. Die lugredery het nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie.

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het sy medelye met die slagoffers se families betuig.

Wrakstukke was wyd versprei oor ʼn landery, terwyl die slagoffers se liggame steeds tussen stukke van die vliegtuigwrak gesien kon word. Reddingswerkers met maskers het op die toneel geskarrel terwyl helikopters bokant die gebied gesirkel het.

Die voorval kom net ure nadat Iran ʼn missielaanval geloods het wat twee weermagbasisse in Irak geteiken het. Die basisse huisves Amerikaanse magte en die aanval is gedoen in weerwraak vir die dood van die leier van die Revolusionêre Mag, genl.maj. Kassem Soleimani.

Soleimani is Vrydag in ʼn Amerikaanse lugaanval dood.

Die Boeing 737-800 is ʼn algemene tweemotorige straler wat vir kort- en mediumafstandreise aangewend word. Duisende van die vliegtuie is wêreldwyd in gebruik.

Die model is in die laat 1990’s bekendgestel en is ʼn ouer model van die Boeing 737 MAX wat die afgelope tien maande gehok is ná twee dodelike ongelukke.

Boeing, soos ander vliegtuigvervaardigers, verleen gewoonlik hulp tydens die ondersoek wanneer een van sy vliegtuie neerstort. In dié geval kan die ondersoek egter deur Amerikaanse sanksies belemmer word. Die sanksies is ingestel nadat pres. Donald Trump in Mei 2018 eensydig die VSA aan Teheran se kernkragooreenkoms met ander wêreldmoondhede onttrek het.

Boeing en Airbus sou vliegtuie ter waarde van miljarde dollar aan Iran verkoop. Teheran sou sy uraanverryking staak in ruil daarvoor dat ekonomiese sanksies opgehef word. Trump se besluit het egter ʼn stokkie voor die transaksie gesteek.

Weens dekade lange internasionale sanksies teen hom, het Teheran ʼn verouderde kommersiële vloot, en dodelike vliegongelukke kom gereeld voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

André André ·

Moet nou nie deel raak van die trolle nie, ons lees mos elke dag van waarskuwings oor fopnuus!

anton ·

Is die vliegtuig nie dalk afgeskiet deur Iran nie?
Hetsy met opset of per ongeluk.
Bewerings doen die rondte.

Mel ·

Sal dalk gehelp het om nie teen Amerika vir jare en jare oorlog te verklaar her nie en death to Amerika as nationale beleid verklaar her nie. Dan was daar dalk geen sanksies nie. Shame massamedia laat Iran onskuldig lyk en Trump die oorsaak van alles. Belaglik.

ME ·

Dit is n vliegtuig vd Orkrainse lugredery en nie van Iran nie. Dus sanksies teen Iran het niks met vliegtuie van ander lande te doen nie – so dit speel nie n rol nie.

My opinie ·

Kan nie sien wat Theran se “verouderde kommersiële vloot” hiermee uit te waai het nie. Dit was ‘n 737 wat in 2016 gebou is en behoort aan die Ukraniene Internationale Lugredery. Dit is 2 dae voor dei tragedie nagegaan. Daar is beslis ‘n slang in die gras. Iran was baie gou om te se dat ‘n tegniese probleem was. Hoe weet hulle so gou voordat daar ‘n ondersoek ter plaatse gedoen is? Die lugredery het alle vlugte opgeskort na Theran – Hoekom? Weet hulle iets meer?

Nel ·

Confucius sê “Before you begin on the journey of revenge, dig two graves” – dalk ‘n missiel wat besluit het om sy eie koers te volg, eerder as die van ‘n VSA lugmagbasis…

heni ·

wat mn klug dis nie werklik n ongelukstoneel daai nie die vliegtuig het glad nie geval nie…dis n klug.waar is die res vd wrak enigeen kan sien dis net n paar ou wrakstukke wat neergesit is in die veld.die vliegtuig bestaan nie eers op die databasisse nie..

Somme ·

Follow the money trail ne’ . Vorige keer se Ukraine vliegtuig , fotos wys verskeie winkelpop ledemate in die wrak , verskillende vlieguie se sitplekke . Mooi nuwe paspoorte van verskillende lande met geen brand of ander skade . Rompe van 2 verskillende vliegtuie , verskillende kleure geverf. Ure na die toneel toegespan is met polisie band , steeds swart rook in agtergrond . Bruce Willis kon toe meer moeite doen om geloofwaardig te lyk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.