18 sterf toe goudmyn ineenstort

Argieffoto (Foto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons)

Agtien mense is dood toe ʼn goudmyn Sondag in die suide van Niger naby die grens met Nigerië ineengestort het, het die plaaslike burgemeester Maandag gesê.

“Die voorlopige dodetal is 18 mense. Ons het hulle vanoggend begrawe,” het Adamou Gueraou, burgemeester van die Dan-Issa-distrik, aan AFP gesê. Sewe persone is in die hospitaal opgeneem met beserings.

Van die beseerde persone is oorspronklik van Nigerië afkomstig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Nooit die standaard gehandhaaf wat in die land van ons gegeld het. Jammer vir hul gesinne wat onversorg agterbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.