19-jarige gevonnis ná hy en broer gesin vermoor 

Michael Bever (middel) tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: AP Photo: Sue Ogrocki, File

ʼn 19-jarige Amerikaner wat skuldig bevind is aan die moord op sy ouers en drie sibbe, is Donderdag gevonnis.

Michael Bever van Oklahoma in die VSA is tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis, wat beteken hy sal waarskynlik nooit vrygelaat word nie – selfs met die moontlikheid van parool. Hy is tot ʼn verdere 28 jaar tronkstraf gevonnis op ʼn aanklag van aanranding .

Bever is in Mei op vyf aanklagte van moord en een aanklag van aanranding skuldig bevind. Hy was 16 jaar oud toe hy en sy broer Robert, toe 18 jaar oud, in Julie 2015 hul ouers en sibbe in hul huis in Tulsa vermoor het. Robert het in 2016 skuldig gepleit en is lewenslange tronkstraf opgelê sonder die moontlikheid van parool.

Die broers se pa, David (52), het meer as 28 steekwonde opgedoen en is op die toneel dood. Hulle ma, April (44), is met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan en het meer as 48 steekwonde opgedoen. Sy is ook op die toneel dood.

David en April (inlas) en hul kinders Christopher (links), Crystal (tweede van links), Victoria (onder), Robert (rooi hemp) met Autumn op sy skoot en Daniel (heel regs).

Hul broer Daniel (12) het nege steekwonde opgedoen aan onder meer sy rug, skouer en bors. Hy kon daarin slaag om 911 te bel voordat hy op die toneel dood is. Die jonger broer, Christopher (7), het ses steekwonde opgedoen en is ook op die toneel dood terwyl Victoria (5) meer as 18 steekwonde opgedoen het en op die toneel aan haar beserings beswyk het.

Chrystal, toe 13 jaar oud, het die aanval oorleef. Haar keel is oopgesny en sy het steekwonde opgedoen. Autumn, toe twee jaar oud, het tydens die moorde geslaap en is nie leed aangedoen nie.

Die motief vir die moorde is nooit bekend gemaak nie. Bure van die gesin het gesê die kinders het almal tuisonderrig ontvang en dat hulle ouers baie streng was en hulle nie toegelaat het om met ander kinders te speel nie.

Robert het ná die moorde aan die polisie gesê sy pa het hom aangerand.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

John ·

Sjoe, ons het genoeg plaaslike ongure drama’s om oor te wroeg, moet buitelandse berigte vertaal en hier opgedis word? Mense wat al die rampspoed van regoor die wereld wil lees, kan dit gerus op hul eie koste en tyd elders oplees.

Alida 2 ·

John ek stry nie dat dit verskriklik is nie.
Hier word nie berig oor iets wat elke dag gebeur nie. Hierdie was baie erg en uitsonderlik.
Moenie kritiseer omdat daar oor die geval berig word nie.
Hoeveel keer word Maroela versoek om ‘n berig te vertaal en oorsee te stuur sodat die wêreld kan lees wat in SA aangaan.
As die wêreld oor daadie berigte voel soos jy oor die een sal hulle nooit weet van al die moorde en korrupsie wat in SA aangaan nie.

Yvi ·

@John, daarsy, dis hoe ons in die buiteland voel oor land grabs, korrupsie, plaasmoorde, gaan ook nou vir mense se, as jy dit wil lees, moet jy dit self soek. Dalk jou kommentaar bietjie aanstuur aan ons nuusagent hier. Dan hoef ons nie meer oor SA te hoor nie.

Vicky Alberts ·

Maroela Media is n gratis koerant. Jy hoef dit nie te lees nie. Hou dan maar verby.

Nadia ·

Ek se nie wat die seun gedoen het is reg nie maar was dit regverdig van die ouers om die kinders weg te hou van maats? Mens weet nie wat aangaan agter toe duere nie!!!

Ai ·

Ek is ernstig geskok oor die mense wat meegevoel/goed praat wat hierdie seuns gedoen het. Wat van die wrede dood wat die kinders gesterf het. Dit is skokkend dat daar alhoe meer na die moordenaar se regte gekyk word en nie na die slagoffer sin nie. Mense word wakker!

Maggie ·

@Nadia, was dit dan regverdig om broers en susters ook te vermoor oor wat sy ouers gedoen het? Dan kan mens baie moorde soos jy probeer regverdig, insluitend plaasaanvalle. Want die NP was ook nie regverdig nie ne.

treurgrond ·

‘n Mens weet nooit wat agter toe deure aangaan nie – mense van buite kan kritiseer en se wat hulle kan se maar as die omstandighede binnekant eers oopgeflek word kom daar baie waarhede……

christa ·

mooi so vir die regter. Hier in SA word vonnisse mos saam uit gedien dus is die vyf keer lewenslank maar net een keer lewenslank. Moordenaars moet vir goed uit gemeenskap verwyder word. Kinders hoort in die gemeenskaplik skool te wees sodat hulle aan alles gewoond kan raak en nie in ‘n huislike atmosfeer van die more tot die aand te wees nie.

GM ·

Ag asseblief, as mens na die foto kyk, dan besef mens sommer dadelik dis nie iets wat in S.A. gebeur het nie. As jy nie die berig wil lees nie, hou verby. Is dit so moeilik? Meeste mense is gou om apps te gebruik, speletjies te speel, films te kyk ens. wat deur mense van oorsee ontwikkel is, so hoekom so traak-my-nie-agtig as dit by nuusberigte kom? Maar S.A. soek simpatie oorsee as plaasmoorde gepleeg word. Mens noem dit dubbele-standaarde.

Jerome De Kock ·

die kind sal mos nie sommer net sy hele gesin dood maak nie. daar moes iets drasties gebeur het, wat ons nie weet nie, so jammer

Erika ·

Geen redes of verskonings kan volgens my die dade(moorde) regverdig nie. Dit is boos, wreed en siek verby !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.