19 sterf tydens ontploffing in klapperfabriek

Argieffoto (Foto: meineresterampe/Pixabay)

Minstens 19 persone is dood en talle beseer tydens ʼn ontploffing in ʼn klapperfabriek in Indië.

Die ontploffing het Vrydagmiddag in Virudhunagar-distrik plaasgevind. Dit is die ergste van dié tipe voorvalle in jare in die suidelike state van Tamil Nadu.

R Kannan, ʼn plaaslike beampte, het aan AFP gesê die dodetal sal waarskynlik in die volgende paar uur styg. “Minstens 34 persone is beseer en ontvang mediese behandeling. Sommige het ernstige brandwonde opgedoen.”

Kannan het gesê daar was ongeveer 74 persone in die fabriek tydens die voorval.

Volgens mediaberigte is die fabriek onwettig bestuur. The Newsminute het gesê die eienaar het spoorloos verdwyn en die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Eerste minister Narendra Modi het skadevergoeding van 200 000 roepees (sowat R40 000) aan die families van die oorledenes aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Vuurwerke is nou een tradisie/gebruik waaroor ek nie sal omgee as dit uitsterf nie.

Stephan

Ek wens die wêreld wil volwasse word, vuurwerke verbied, en hul energie positief begin aanwend ter opbouing van die mooi aarde.