192 word vermis ná modderstorting

Argieffoto van 'n modderstorting ter illustrasie Foto: article.wn.com

Argieffoto van ‘n modderstorting ter illustrasie Foto: article.wn.com

Minstens 192 persone word vermis ná ʼn modderstorting in Sri Lanka.

“Die amptelike syfer is bekend gemaak nadat 500 soldate en vrywilligers die soek- en reddingspoging hervat het, maar nie enige oorlewendes kon opspoor nie,” het ʼn beampte van die rampbestuursentrum Donderdag gesê. “Die hoop dat daar nog oorlewendes gevind sal word, vervaag, aangesien meeste van die huise onder die modder begrawe is.”

Die reddingspoging het hervat ondanks gure weer. “Die risiko dat nog modderstortings kan plaasvind en die onbegaanbaarheid van sekere dele bemoeilik die reddingspoging,” het brig. Jayanath Jayaweera, woordvoerder van die weermag, gesê.

Die amptelike dodetal staan tans op 16 nadat nog twee liggame opgespoor is.

Groot skares rondom die toneel bemoeilik die situasie verder vir die soldate om te werk, het ʼn plaaslike joernalis, Palith Ariyawansa, gesê.

“Ons het die publiek versoek om van die toneel af weg te bly, tensy hulle met skoonmaakoperasies kom help het,” het senior superintendent Ajith Rohaha, woordvoerder van die polisie, gesê.

President Mahinda Rajapaksa het die gebied vroeër Donderdagoggend besoek en met die families vergader wat tans in tydelike kampe gehuisves word.

Die modderstorting het die teeplantasiedorpie Woensdag getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.