2 dood, 9 beseer tydens skietery in VSA-bioskoop

John Russell Houser (Foto verskaf deur die Lafayette-polisie via AP)

John Russell Houser (Foto verskaf deur die Lafayette-polisie via AP)

Twee persone is dood en nege beseer nadat ʼn man op fliekgangers by die Grand Theater in Lafayette, Louisiana in Amerika losgebrand het.

John Russell Houser (59) het Donderdagaand om 19:00 (plaaslike tyd) saam met ongeveer 100 persone die fliek, “Trainwreck” sit en kyk toe hy opgestaan en twee persone voor hom doodgeskiet. Hy het omgedraai en nog minstens 13 skote gevuur op ander fliekgangers, berig plaaslike media.

Polisiebeamptes van Louisiana het gesê Houser se vrou het ʼn paar jaar gelede vuurwapens uit hul huis verwyder weens haar man se geestelike toestand, berig ABC13.

Hy het glo saam met die skare probeer vlug, maar die polisie was bykans onmiddellik op die toneel en hy is in die bioskoop teruggedwing voordat hy homself in die kop geskiet het.

Die polisie het verskeie pruike en brille in sy hotelkamer gevind. Houser het die bioskoop glo ʼn paar keer besoek voor hy uiteindelik op fliekgangers losgebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Nou wat help hulle gunfree zones as iemand nog steeds met n gun ingaan en dit doen.
Die skelm sal altyd n gun he nou gaan hulle seker weer raas om die die gewone mense se guns af te vat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.