2-jarige dood ná sy in krokodilkamp beland

Argieffoto

ʼn Tweejarige dogtertjie is dood nadat sy op haar ouers se plaas naby Siem Reap in die noordweste van Kambodja in ʼn krokodilkamp ingeval het.

The Daily Mirror berig Rom Roath Neary se pa het Sondag omstreeks 10:00 by die huis gekom en na sy kind begin soek. Hy het ʼn skedel in die krokodilkamp agter die huis aangetref en besef wat gebeur het.

Volgens die berig was die dogtertjie saam met haar ma by die huis. Haar ma het onlangs geboorte geskenk en was besig om na haar pasgebore baba om te sien. Rom het weggedwaal van haar ma af en toe in die kamp beland.

Die peuter se ouers het onlangs ʼn hoë heining om die krokodilkamp gebou, maar die spasies in die heining was groot genoeg vir ʼn kind om deur te pas.

The Epoch Times berig verskeie inwoners in die gebied teel met krokodille vir hul vleis en leer.

Plaaslike polisiebeamptes het ouers aangemoedig om ʼn oog op hul kinders te hou. Dit is nie duidelik of enige aanklagte teen Neary se ouers aanhangig gemaak sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Deon ·

Nee mense hierdie is skokkend en onaanvaarbaar. Ek kry die ouers baie jammer want om ‘n kind te verloor moet erg wees. Ek verstaan nie hoe hulle ‘n heining osit sonder om dit te toets. Meet dit met ‘n maatband of nog beter, toets dit in julle teenswoordigheid met die ou kleintjie. Ai mense hoe lank gaan julle dra aan die verwyte. Dis erg, dis verby, soek berusting by Jesus Christus wat dit vir julle sal gee. Kyk mooi na die ander pienkvoet. Ons bid vir julle.

Nel ·

‘n Mens wonder soms waar die kleintjies se beskermengele is…

Abe ·

Nel,
Beskermengele is spookagtige gedoentes waar geen intelligente mense in glo nie.

Hennie ·

Dis jammer oor die kind maar hoekom ‘n muur of heining bou waardeur ‘n kind kan pas?

Spatare ·

Het die voorval nie gebeur in Junie in Australia nie? ‘n Tweejarige seuntjie het glo in ‘n krokodilkamp beland.

Rudolph van Wyk ·

Dis ‘n tragedie vir die ouers en ‘n wrede manier om te sterf vir die arme kind. . Krokodil boerdery soos enige diere boerdery is onnodig, altyd wreed, skadelik vir mens, dier en die omgewing. Ons kan heel goed klaarkom sonder krokodilvel skoene, gordels en beursies. Of, is daar ieemand wat glo dat plaasdiere selfmoord pleeg of sterf van natuurlike oorsake?

Mariaan ·

Hoe tragies! Dat mens se kind opgevreet moet word..my hart sal dit nie maak nie! Maar ja..as dit my plaas was…was DAAR TEN MINSTE 3 HEININGS! Veral met kinders…ai ai

HM ·

Dit is n tragedie maar.ouers moet meer versigtig wees. Sluit alle deure na buite. Hou julle kinders dop. Verwyder.ou vrieskaste uit jul erwe. n Kind is maar net n kind…… asb wees verantwoordelik

@Bollabek ·

So baie verwyte en oordele, mense, regtig! Hierdie is ‘n verskriklike tragedie, “honde , swembaddens, voertuie, ongelukke, elektrisiteit, ens ens eis kinders se lewens. Wat maak die krokodilplaas nou so erg!. Het jy al ooit met jou familie in ‘n motor gery sonder dat hulle vasgemaak is…., maar klippe wil ons gooi. My hart is so seer vir hierdie familie.

Caroline Faroa ·

Yohhhh……bitterlik,pynlik,seer…hoe kan mens dit nog beskryf….trane,trane,trane.Vader hou U sterke Hand oor daardie ouers asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.