2-jarige se lyk ‘ongeskonde’ gevind

Die tweejarige Lane Graves.

Die tweejarige Lane Graves.

Die tweejarige seun wat in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida, deur ʼn alligator aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is, se liggaam is gevind.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder is Lane Graves van Nebraska se liggaam sowat 16 uur nadat hy deur die alligator aangeval is, gevind. Die seun se liggaam is glo “heeltemal ongeskonde” en ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Volgens berigte is Lane se lyk in die water naby waar hy verdwyn het, gevind.

Lane het saam met sy gesin by die Seven Seas Lagoon in Disney se Grand Floridian Resort & Spa in Orlando ontspan toe die alligator hom aangeval het. Sy pa het in die water gespring en probeer om hom uit die alligator se kake te bevry, maar dit was tevergeefs.

Disney het intussen al die strandgebiede in sy Lake Buena Vista-oorde gesluit as voorsorgmaatreël. Volgens berigte is vyf alligators geskiet tydens die soektog na Lane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KarooKlong ·

Hierdie storie klink soos “ons gaan dalk nog meer inligting kry”.
Hoe is dit moontlik dat die kind se liggaam ‘ongeskonde’ gevind is?

O ja, dalk het die alligator se valstande uitgeval tydens die aanval.

Nicola ·

Janee werklikwaar. Ongeskonde na hy gevang is, en sy pa ook probeer het glo om hom te red?? Fishy verby.

Griki ·

Daar sal wel merke aan hom wees as ‘n krokodil hom gegryp het. Dalk bedoel die artikel bloot dat die liggaam nie verskeur was en die ledemate alles daar is.

Tollies ·

Die pragtagste Blommetjie is kom haal , Die Almagtige het hierdie liggaampie in die holte van Sy Groot Hand bewaar God is Groot . Mag Hy julle familie ook vertroos . Al my simpatie vir die pad voorentoe as mens is daar nie woorde

louis ·

Klink asof hy moedswillig per ongeluk verdrink het! So aspris sy pa weggestamp het toe hy wou keer . Die storie stink!!!!

Mel ·

As ‘n krokodil of alligator jou beetkry is daar skaars iets oor van ‘n mens, mens sou verwag het daar dalk liggaamsdele gekry sou word, ek weet ni, iets maak ni sin, so onskuldige Pragtige ou seuntjie, RIV klein Lane

humor ·

Laat die kundiges tog maar hul gedagtes laat gaan en die speurwerk doen.

Frans ·

So n sagte hapi vluis en word nie verniel ni nee ou maat iets maki sin nie ondersoek ma die storie en hou die ouers naby

John ·

Te veel flieks in die VSA. Krodille ea gevaarlike diere is mos mense se maatjies… sommer sonder heinings tussen mense.

Luister ·

Wonder of daar ander ooggetuies was? Dit was glo vlak water? Mens haal nie jou oë af van
‘n tweejarige nie, veral by water?

Carlie ·

Jammer om oningeligte persone se kommertaar telees oor ‘n hartseer insident. Daar is 5 Alligators na die voorval uit die meer verwyder tydens die soektog. Die kind is ingetrek, ‘n veiligheidswag was naby, die Pa het probeer red , maar was onsuksesvol en die kind het verdrink. Lees News24 vir meer inligting. Hartseer vir die familie. Carlie

charlene ·

Die nuus ruk mens tot in jou diepste, `n kind so dood is nooit maklik nie en mens kom nooit daaroor nie.
Al wat my pla is, as die alligator die seuntjie beet gehad en, en die pa het baklei.. Hoe is daar nie merke aan die kind sy lyfie nie. of die vorige berig en al wat leef en beef ons verduidelik wat is die verskil tussen `n alligator en `n krokedil – en die alligator het maar groot tande (blykbaar wys die boonstes al is sy bek toe) So dus het die ding redelike groot skerp tande, en `n 2 jarige `n baie klein sagte lyfie…. Iets maak nie sin nie maar hopenlik is ons vermoede verkeerd, en het die pa/ma niks met die dood van hulle pragtige seuntjie te doen nie.

Clarise ·

Ai julle mense. Weet julle wat. Ek het my 19 maande seuntjie laas jaar verloor agv verdrinking. Ja mens haal nie jou oe van jou kind af nie. Glo my ek het nooit my kind alleen gelos nie maar uit onderving(ongelukkig) kan ek vir julle se n twee jarige is baie vinnig as jy vir 10 sekondes ander kant toe kyk.

Kom ons bid eerder vir hierdie familie en laat die ondersoek en die regte mense dan besluit of dit n ongeluk of moord was. Glo my as ek vir julle se n mamma en pappa sal nie hulle eie kind vermoor behalwe as daai mense regtig siek is nie.

RIP kleine lyfie. My Aiden sal jou handjie styf vashou en jou alles van die Hemel wys en vertel.

Victor ·

Ek kan nie die pyn indink om ‘n kind te verloor nie – en hierdie was grusaam – daardie arme ouers.

Nou kom bespiegel julle oor die woord “ongeskonde”?!

CCN se artikel:
http://edition.cnn.com/2016/06/15/us/alligator-attacks-child-disney-florida/

“His body had only a few puncture wounds, according to a source familiar with the investigation.

“Of course, the autopsy has to confirm that, but there is likely no question in my mind that the child was drowned by the alligator,” Demings said.”

So net daarso sien julle “ongeskonde” was nie die beste woordkeuse hier nie, daar was wel wonde aan die lykie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.