2-jarige skiet ma in winkel dood

Veronica Rutledge. Foto: Facebook

Veronica Rutledge. Foto: Facebook

ʼn Tweejarige seun het Dinsdag sy ma in ʼn Wallmart-winkel in Idaho in Amerika doodgeskiet.

CBS News berig dat die ma saam met haar seuntjie en drie ander kinders inkopies gedoen het toe die voorval plaasgevind het. Die seuntjie het glo in ʼn trollie gesit toe hy sy hand in sy ma se handsak gedruk het en per ongeluk ʼn handwapen laat afvuur het.

CBS News het die ma geïdentifiseer as die 29-jarige Veronica Rutledge. Haar man was nie in die winkel ten tyde van die voorval nie. Hy het egter kort na die voorval by die winkel opgedaag en die kinders is na ʼn familielid se huis geneem. Rutledge het ʼn lisensie gehad vir die vuurwapen.

Die winkel is na die voorval gesluit. ʼn Woordvoerder van Wallmart het die skietery as ʼn “baie hartseer en tragiese ongeluk” beskryf.

Die voorval kom sowat ʼn maand nadat ʼn 26-jarige ma deur haar driejarige seuntjie doodgeskiet is in Oklahoma, Amerika. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asjas ·

Ek weet nie veel van wapens af nie maar ek weet wel dat jy ‘n wapen “veilig” kan maak, veral as jy dit in jou handsak gaan ronddra of klein kindertjies om jou het. Mense leer nie meer wapen veiligheid aan nie. Die arme kind moet nou vir die res van sy lewe hiermee saam leef. Baie tragies maar kon verhoed gewees het?

Pieter ·

Sal meer inligting oor die spesifieke wapen moet kry maar dit bly baie “snaaks” dat ‘n tweejarige ‘n vuurwapen kan aftrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.