2 leerders sterf op pad na skoolkamp; busbestuurder aangekla

Die omgeslaande bus. (Foto: Verskaf)

Twee leerders aan ’n private skool in Windhoek in Namibië is vanoggend dood toe ’n bus wat gr. 7-leerders na ’n skoolkamp vervoer het, buite Kalkrand omgeslaan het.

Colette Riekert, skoolhoof van Windhoek Gymnasium, het in ’n verklaring gesê twee leerders het in die voorval omgekom terwyl ander na hospitale gehaas is vir mediese behandeling.

Riekert het die voorval betreur en gesê vervoer is sedertdien gereël om leerders, wat nie in ’n hospitaal opgeneem is nie, terug Windhoek toe te neem.

Van die leerders se ouers was vroeër vandag op pad na die toneel nadat hulle van die ongeluk in kennis gestel is.

Die plaaslike radiostasie Kanaal 7 berig ’n 65-sitplek-bus was in die voorval sowat 70 km buite Mariental betrokke. Volgens die radiostasie is daar onder meer ʼn klag van dronkbestuur teen die busbestuurder aanhanging gemaak. Hy verskyn Dinsdag in die plaaslike landdroshof.

Maroela Media het die plaaslike polisie gekontak en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Diertjie ·

So jammer vir julle verlies ????. RiV sterkte vir die ouers. Sluit die busdrywer toe en gooi die sleutel weg!!!!

Blom ·

Hoe de hel kan ‘n skoolbusbestuurder onder die invloed ry. Hoop die ouers skroef hom op tot by Daantjie in die kalwerhok. Mens vertrou jou kosbare kinders aan die skool toe.

briesend kwaad ·

hoop hy kry lewenslank vir dronkbestuur , roekelose bestuur en strafbare manslag

Lien ·

Dis ‘n privaat maatskappy, Sunshine Tours se bus en busbestuurder. Hulle vervoer al jare talle skole se kinders. Ons gemeenskap, en veral ons as ouers van die skool, is geskok, verslae en in rou.

thelsa ·

Wie het die bestuurder vir sy roete ‘uitgeteken’? Sekerlik moes die Mpy die drywer se roete-aanwysings, vervoerinstruksies en ander roetebepalings vir hom gegee het met diensaanmelding. Hoe kon hulle ‘n busbestuurder op ‘n roete stuur en nie verifieer dat die drywer geskik is vir die skof nie.

Kaap Ouers ·

Liewe ouers van die kinders wat in die bus was.
Ons dink aan julle in hierdie vreeslike tyd van absolute skok en hartseer
Sterkte aan julle en jul families asook aan die skool.

Genoeg ·

Lien was daar onderwysers ook saam met die kinders in die bus? Mens staan stom oor so ‘n tragedie. Ons bid vir die ouers wat hul kinders op so ‘n wyse moes verllor en ons bid vir die ander 19 wat beseer is en ook vir die res van die kinders wat in die ongeluk betrokke was, want hierdie gebeure gaan ‘n letsel in hul jong kinderharte laat. Sterkte aan alle kinders en ouers.

Bekommerde ·

Goeie hemel moet mens nou tot vasstel of busbesuurder nugter is voor jy dat hy ry ,

Mb ·

Baie baie hartseer. innige simpatie met die twee leerders se ouers, families en vriende. En baie sterkte met die ander leerders wat nog in ICU is en die ander leerders en personeel wat nou ook die trauma moet verwerk. Blykbaar was daar n tweede bus met kinders van hierdie skool reg agter hierdie bus en hulle het alles gesien. Ek wil net sê dat môre Heroes Day is in Namibia. Miskien het die bestuurder vroegtydig gevier. Baie onverantwoordelik.

Lien ·

Daar was ‘n onderwyser op die bus en ‘n tweede bus agter die eerste. Nuutste inligting dui daarop dat die busbestuurders vroegoggend ‘n trok wat in ‘n botsing betrokke was se vrag geroof het voordat hulle die kinders en onderwysers gaan optel het. Die vrag was bier en hulle het dit onder hulle sitplekke versteek.

Mb ·

Met ander woorde die 2de busbestuurder was heel moontlik ook dronk? Is hy ook inhegtenis geneem?

Erica ·

Goeie genugtig dit is skokkend! My innige simpatie met al die slagoffers en hulle geliefdes. Mag daardie kriminele vrot in die tronk…

RS ·

Ai dis bitter hartseer. Ons dink aan almal in die moeilike tyd. Baie sterkte.

Sam Brookes ·

Dis die eerste keer wat ek hoor van ‘n onderwyser wat ‘n bus vol skoolkinders onder die invloed bestuur. Daar le vir hom moeilike tye voor! Dit was nou ‘n baie onbesonne daad. Hy sal nie weer ‘n pos in die onderwys kry nie. Buiten die tronkstraf wat ook vir hom voorle – en dit vir ‘n dop!

Hanlie ·

Sam dit was nie ‘n onderwyser wat die bus bestuur het nie. Dit was die private maaskappy se busbestuurder.

Bloudrom ·

Ek hoop die ouers en skool ry daai busmaatskappy dat hulle oor 25 jaar nog betaal. Namibië het mos amper nie bekwame mense vir n werk nie. Die meeste is fly by knights. Daai sogenaamde busdywer is niks werd nie. Dit lyk my hy kon net reguit gehou het toe hy van die pad af is maar omdat hy gesit en suip het moes hy die bus met alle mag weer op die pad kry. Toe vermoor hy twee pragtige kinders. Volg die voorbeeld van die saak van die Swakop / Henties moordenaar en kla hierdie een ook vir moord.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.