20 beseer tydens aanval op troue in Afghanistan

Argieffoto (Foto: Bairyna/Pixabay)

Minstens 20 persone, insluitend kinders, is beseer tydens ʼn handgranaataanval op ʼn troue in Afghanistan.

Een van die kinders is in ʼn kritieke toestand, het Adel Haider, ʼn woordvoerder vir die polisie in Khost, gesê.

Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval wat Saterdagaand plaasgevind het nie. Daar is nie enige bewyse dat die Taliban verantwoordelik is nie, alhoewel hulle ʼn sterk teenwoordigheid het in die gebied. Haider het gesê die Taliban se verbod op musiek laat hom glo dat hulle skuldig is.

Dit is egter ook algemene gebruik in die spesifieke deel van Afghanistan om persoonlike vendettas aan te voer met sulke aanvalle. Haider het gesê die polisie ondersoek alle moontlike motiewe. Niemand het tot dusver na vore gekom oor ʼn bakleiery met die paartjie nie.

Al die beseerde persone is mans, maar dit is nog nie duidelik of die bruidegom beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.