20 dood, 81 beseer tydens ontploffings by katedraal

Ontploffing by ‘n katedraal in die Filippyne (Foto: WESMINCOM Armed Forces of the Philippines Via AP)

Minstens 20 persone is Sondag dood en 81 beseer tydens twee ontploffings ná mekaar by ʼn katedraal in die suide van Filippyne.

Veiligheidswagte wat op die eerste ontploffing reageer het, is van die sterfgevalle tydens die twee ontploffing by die Ons Dame van Mount Carmel in Jolo, Sulu ongeveer 1 000 km suid van Manila, het Graciano Mijares, direkteur van die polisie in die streek, gesê.

Die bomme is geplant ondanks streng sekuriteit in Minanao.

Minstens 15 lede van die publiek en vyf soldate is dood; 65 lede van die publiek, 14 soldate en twee polisiebeamptes is beseer, het Mijares bygevoeg.

“Die hele Mindanao is onder krygswet, so ons probeer bepaal waar die gebrek aan sekuriteit is,” het hy aan die Manila-radiostasie DZMM gesê.

Ontploffing by ‘n katedraal in die Filippyne (Foto: WESMINCOM Armed Forces of the Philippines Via AP)

Veiligheidswagte het op die eerste ontploffing reageer wat Sondagoggend tydens ʼn volgepakte diens in die katedraal plaasgevind het. ʼn Tweede ontploffing het kort daarna in die parkeergebied plaasgevind, het Gerry Besana, woordvoerder van die weermag in die streek, gesê.

Die kerk se hoofdeur is vernietig en die houtkerkbanke en plafonne is ook beskadig.

Owerhede kon nog nie ʼn motief vir die bomontploffings bepaal nie.

Besana het gesê ondersoekbeamptes sal op die tipe springstof fokus om ʼn moontlike verdagte te identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melanie ·

Fear? Certainly! Peace? They dont have clue what it means. The more they see bloodshed, the happier they become.

IK ·

Is dit nou werklik onmoontlik om mekaar in alle opsigte te kan verdra? Ek praat nie hier van rommelstrooi, geraas ens. waar jy ‘n aanstoot is vir almal. Dit gaan oor politiek, kerkverband, ateis, volksverband, velkleur ens. net om mekaar ‘n plekkie te gun in hierdie lewe. Wanneer jy nie respek het vir die sienswyse van ‘n ander wat handomkeer met joune verskil dan kan jy nie respek verwag van hom/haar. Daar is egter daardie kwaadaardige gewasse in ons samelewing wat nooit ooit uitgeroei sal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.