20-jarige skuldig bevind ná tiener se selfmoord

Michelle Carter (8 Junie 2017) Foto: AP Photo/Charles Krupa, Pool

ʼn Regter in Massachusetts het bevind dat Michelle Carter, wat haar kêrel deur telefoonoproepe en teksboodskappe aangemoedig het om homself om die lewe te bring, is skuldig aan die tiener se dood.

Regter Lawrence Monize het Vrydag bevind Carter (20) is skuldig op aanklag van onwillekeurige manslag nadat sy Conrad Roy III in ʼn situasie geplaas het wat in 2014 tot sy selfmoord gelei het.

Regskenners sê die besluit kan nasionale implikasies hê, aangesien howe sukkel om te bepaal hoe bestaande wette toe te pas, aangesien tegnologiese veranderinge nou interaksie aanlyn laat plaasvind. In Carter se geval bepaal die uitspraak dat sy in Roy se oor gefluister het, “maak jouself dood, maak jouself dood”, het Laurie Levenson, ʼn professor in kriminele reg aan die Loyola-regsfakulteit in Los Angeles. Die uitspraak dui daarop dat dié woorde daartoe kan lei dat iemand sy eie lewe neem.

Carter word in Augustus gevonnis. Sy kan tot 20 jaar tronkstraf opgelê word. Haar prokureur was nie beskikbaar vir kommentaar nie, maar hy het aan verslaggewers gesê hy is “teleurgesteld”, aldus die Boston Globe.

Moniz het in sy uitspraak gesê Roy, wat op 13 Julie 2014 dood is as gevolg van koolstofmonoksiedvergiftiging, het Carter se opdrag gevolg en homself in ʼn “giftige omgewing” in sy voertuig geplaas waar hy ʼn waterpomp gebruik het om sy eie lewe te neem.

Michelle Carter en haar prokureur Joseph Cataldo (16 Junie 2017) Foto: Glenn Silva/Fairhaven Neighborhood News, Pool

Roy (18) en Carter, wat in daardie stadium 17 jaar oud was, het in die dae en weke voor die tragedie, in teksboodskappe oor die dood gesels, volgens die hofdokumente. In een boodskap het Carter aan hom gesê: “Jy gaan uiteindelik in die hemel gelukkig wees. Geen pyn meer nie. Dis oukei om bang te wees, en dis normaal. Ek bedoel, jy gaan binnekort sterf.”

Moniz het egter op Roy se finale oomblikke gefokus toe hy getwyfel het, uit die voertuig geklim het en Carter vir hom gesê het om weer in die voertuig te klim. Die regter het gesê alhoewel Carter geweet het Roy is in die moeilikheid, het sy niks daaraan gedoen nie.

“Sy erken in teksboodskappe daarna dat sy niks gedoen het nie – sy het nie die polisie of Roy se gesin gekontak nie,” het Moniz gesê. “Sy het ook nie ʼn bykomende opdrag, om uit die voertuig te klim, gestuur nie.”

Carter se hofsaak het in die kinderhof plaasgevind, omdat sy 17 jaar oud was ten tyde van die seun se selfmoord. Sy het haar reg tot ʼn jurie van die hand gewys.

Levenson het gesê die regter stel nie ʼn regspresedent nie, maar dit stuur ʼn sterk boodskap “dat daar nuwe maniere is om ou misdade te pleeg”. “Dit is een van die mees ekstreme sake wat ons nog ooit gesien het,” het Levenson in ʼn telefoniese onderhoud gesê. Sy het gesê die vraag ontstaan: “Wanneer verander ʼn geboelie in moord?”

Martin Healy, hoof van die regsraad vir die Massachusetts-regsbalkvereniging, het gesê Carter het haar eie lot verseël “deur die gebruik van haar eie woorde”, aldus die Boston Globe. “Die kommunikasie dui op ʼn beskuldigde wie se optrede tot die vlak van roekelose minagting vir die lewe van die slagoffer gelei het.”

Michelle Carter huil nadat sy skuldig bevind is in verband met Conrad Roy III se selfmoord (16 Junie 2017) Foto: Glenn C.Silva/Fairhaven Neighborhood News, Pool

Volgens Healy het die uitspraak “nasionale implikasies” en dit is ʼn “duidelike wekroep dat afstandskommunikasie nie individue sal vryspreek van gruwelike misdade wat tot kriminele aanspreeklikheid kan lei nie”.
Roy en Carter het mekaar in 2011 ontmoet en was in ʼn romantiese verhouding – grootliks aanlyn. Haar prokureur het gesê hulle het mekaar tydens die twee jaar voor Roy se dood slegs ʼn paar keer gesien.

Roy het ʼn geskiedenis gehad van depressie en het vantevore probeer om sy eie lewe te neem, maar sy gesin was vol hoop dat hy deur dit sal kom. Die polisie het egter gesê die teksboodskappe dui daarop dat Carter moeg was vir Roy se praatjies oor selfmoord en sy wou hê hy moet dit uiteindelik doen.

ʼn Paar weke voor Roy homself om die lewe gebring het, het hy in ʼn teksboodskap aan Carter geskryf: “Ons sal uiteindelik soos Romeo en Juliet wees.” “F** nee! Ons is nie besig om te sterf nie,” het sy reageer.

ʼn Paar dae voor sy dood, het Carter hom gemaan om hulp te kry. “Maar die psigiatriese hospitaal sal jou help. Ek weet jy dink nie dit sal nie, maar ek sê vir jou, as jy hulle ʼn kans gee, kan hulle jou lewe red,” het sy geskryf. “ʼn Deel van my wil hê jy moet iets probeer en onsuksesvol wees, net sodat jy hulp kan kry.”

Haar gesprekke het egter begin verander. Op 12 Julie 2014, die dag voor Roy dood aangetref is, het Carter geskryf: “So ek neem aan jy gaan dit nie doen nie. Al dit vir niks nie. Ek is verward, want jy was so gereed en vasbeslote.”

“Ek gaan uiteindelik,” het Roy reageer. “Ek weet eintlik nie waarvoor ek wag nie, maar ek het alles gereed.”

“Nee jy is nie, Conrad. Gisteraand was dit. Jy hou aan om dit uit te stel en jy sê jy gaan dit doen, maar jy doen nooit nie. Dit gaan altyd só wees as jy nie optree nie,” het Carter gesê. “Jy maak dit net vir jouself moeiliker deur dit uit te stel. Jy moet dit net doen. As jy dit nie nou doen nie, gaan jy dit nooit doen nie.”

Carter is in 2015 aangekla en sy het appèl aangeteken. Die saak is na die staat se hoogste hof geneem. Die hof het verlede jaar beslis dat sy verhoor kan word vir haar vermeende rol in Roy se dood. In daardie uitspraak het die hof bevind dat Carter se “virtuele teenwoordigheid” ten tyde van die selfmoord en die “deurlopende druk” wat sy op Roy geplaas het, genoeg bewyse was vir ʼn aanklag van onwillekeurige manslag.

Sy word op 3 Augustus gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

al ·

Ja nee wat ek het geen simpatie nie. Sy het mense se lewens vernietig net om ñ siek ‘kick’ daaruit te kry.

Liezille ·

@al Ek stem saam met jou. Die outjie het duidelik aan depressie gelei, en die meisie het geweet as sy hom nog ‘n bietjie harder druk sal hy dit doen. Ek voel bitter jammer vir sy familie, en ook vir hom, want ek wens depressie nie my grootste vyand toe nie, en as ek die dag depressief genoeg is, en jy por my aan sal ek heel waarskynlik dieselfde doen, veral as jy iemand is wat MAAK of jy omgee. Gelukkig het ek so paar jaar terug besef NIEMAND gee om nie, so, NIEMAND gaan my convince om my eie lewe te neem nie, al wie in beheer hiervan is is ek. Die outjie moes toe sy saam begin praat het besef het sy kan sy dood beteken. Verkeerde vriende/mense in jou lewe kan GROOT probleme veroorsaak

Sarie ·

Ja nee, help nie sy is nou in trane nie. Sy het ñ familie geweldige hartseer veroorsaak. Nou kan sy lekker verniet leer, verniet eet en bly vir 20 jaar op ONS belasting geld…hoe siek is ons samelewing.

CHRISTA ·

Sarie, ek weet nie waar jy woon nie, want hierdie gebeurtenis het in Amerika plaasgevind, dus hoef my belasting nie vir haar gratis verblyf en studies te betaal nie.

anton ·

Sarie, die het in Amerika gebeur en nie in S.A nie, dus sal ons belasting geld nie vir haar verblyf sorg in die tronk nie.

MissDemeanor ·

Wat ‘n gemene meisie. Ek kan verstaan dat mense wie se geliefdes heeltyd dreig om hulself dood te maak wel uitgeput word deur die spanning wat sulke dreigemente veroorsaak. Maar jis ek dink daar was ander dinge wat sy kon doen ipv om hom aan te hits.

Sonja ·

Dis hoog tyd dat iets soos hierdie en kinders wat ander boelie en dryf tot selfmoord aangekla kan word, veral as daar emails of boodskappe as bewyse gebruik kan word. Daar is al baie kinders wat selfmoord gepleeg het a.g.v. boelies en dan kom daai boelies skotvry van dit alles af en n gesin is beroof van hulle kind. Tyd dat die wette aangepas word vir die tegnoligiese wêreld waarin ons nou leef.

Jacques Venter ·

Hallo Sonja
Om.geboelie te word is en sal altyd met ons wees. Die gevolge is skadelik en baie keer permanent.
Skole en ouers het nie raat nie.
As jou kind geboelie word en jy is instaat. Neem.jou kind na n ander skool. Dit sal so goed vir hom of haar wees

Magda ·

Hi Sonja, Boelies – baie erg – Jacques – om jou kind van een skool na n ander te neem omdat hy/sy geboelie word (Jammer maar nee) die boelies moet dringend en streng op hulle plek gesit word, of uit die skool geskors word. Laat die skuldige maar rond swerf van een skool na n ander – verdiende loon, sou ek se.

Jordaan ·

Aksies het gevolge. Hierdie bedorwe brokkie moet dit nou maar in die tronk gaan leer, want tot dusver het sy dit duidelik nog nêrens geleer nie.

G ·

Ek gaan nou gestenig word, maar ‘n paar van die paragrawe is regtig swak geskryf. Proeflees?

Justice ·

Dit lyk vir my eerder asof Carter op haar jeugdige ouderdom in `n verhouding met `n depressiewe en geestelike manipuleerder betrokke geraak het. Sy het wel gefouteer maar dit is moontlik dat haar geval nie uniek is nie en dat daar baie jong dames daar buite wat ook in haar desperate posisie is. Ek vertrou dat `n kundige advies sal kan gee deur wat haar te doen moes gestaan het en daardeur ander in soortgelyke destruktiewe verhoudinge te help.

Rupert Ashford ·

Stadig mense, sy was 17 toe dit gebeur het. Is mens regtig op 17 veronderstel of toegerus om met sulke dinge te kan “cope” – iemand met depressie kan selfs die gehardste volwassenes uitmergel? Lyk of sy eers verstandig opgetree het en toe later die kluts kwyt geraak het.

My opinie ·

Ek stem glad nie saam met die vonnis nie. Ons almal het al in ‘n situasie beland waar iemand gese het hy gaan byvoorbeeld sy polse sny en jy se dan, nou maar doen dit. Want so ‘n depressiewe negatiewe persoon raak uitmergelend. Hulle teer op jou empatie en simpatie tot daar niks meer oor is nie. Arme kind. Sy was 17 toe dit gebeur het. En ja ek verstaan depressie is ‘n siekte, gaan kry dan hulp by ‘n dokter en bly weg van gewone mense af wat ook van tyd tot tyd depressief raak maar wat besluit om dit nie hulle lewe te maak nie.

Jaco ·

Maroela Media, hoekom staan daar by hierdie berig op jul tuisblad dat dit SA nuus is?

Janie Monsieur ·

Dagsê Jaco.
Dankie vir jou kommentaar. Dankie dat jy dit opgemerk het, dit is ‘n fout wat deurgeglip het! Hierdie storie moet inderdaad onder “Werêldnuus” val. Ons het dit gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Elsabe ·

Baie intersante storie vir my die! My seun het self selfdood gepleeg, en sy cell is nie ingehandig nie, binne 3 dae begrawe die saak is hof toe gestuur maar uit gegooi, hoe kan mens so iets verder vat ! Die way wat my kind hom gehang het spook by my en baie van ons vriende en familie !

Bokram ·

Waar is sy foon?daar kan dalk baie antwoorde op wees,sterkte

LS ·

Ek stem saam met die wat sê dat boelie nie reg is nie en wanneer daar geboelie word daar opgetree en aangekla moet word, want daar is baie kinders wat geboelie word en wat lei tot selfmoord ens.
Dit is ‘n jammer dat sy nou as ‘n voorbeeld gebruik moet word deur haar optrede. Dalk het sy net moeg geword om hom moed in te praat? As iemand die hele tyd vir jou sê hy/sy wil selfmoord pleeg en dis dieselfde storie oor en oor, wanneer raak jy moeg en sê: ‘ag doen dit tog en kry dit oor’? Dit is nie asof sy hom van die begin af aangemoedig het nie en hulle het ‘n 2 jaar lange verhouding gehad.
Ek voel bitter jammer vir hom wat gely het aan depressie en vir sy familie vir hulle verlies, maar hulle het ‘n aanlyn verhouding gehad, waar was sy familie wat hom elke dag gesien het, kon hulle nie sien daar is fout nie?
Nee wat, ek voel bitter jammer vir haar, nog so jonk en sy moet nou as ‘n voorbeeld gebruik word!!! Ek dink daar is BAIE ERGER dinge daar buite wat hul eerder as ‘n voorbeeld kon gebruik het REGTIG !!!
RUS IN VREDE Conrad Roy, STERKTE aan die familie en jammer Michelle Carter dat jy nou as voorbeeld gebruik word.

What a joke ·

Daar is four met haar koppie,Sy verdien n swaar straf,!Om iemand so aanhoudend aan te moedig om selfmoord te pleeg moet jy siek in die kop wees! Sy lyk ok nie te lekker in van daai fotos nie,n klap van die windmeul weg! Malhuis toe met jou….

REGVERDIG ·

Te laat vir trane suster……… het hulle nie doodstraf daar in hulle land nie???
Hoop hulle gooi die sel se sleutel weg…………

amelia ·

Ja nehhhhhh, Ek dink ek is ook dan skuldig aan amperes moord. My ex was n alkoholis en as hy dronk was wou hy homself skiet. Mooipraat en soebat het my naderhand siek gehad. Tot op n dag wat ek baie onsimpatiek omgedraai het en gese het sorry vat jou pistool en gaan skiet jou net buite. Ek gaan nie jou gemors skoonmaak nie. Nou vra ek myself af en as hy hom gaan skiet het? Was ek aandadig? Ek dink dai girl was dalk siek en gatvol vir die slapgat wat aanmekaar gedreig het. Weet jul dit is emosionele afpersing? As sy ouers geweet het dat die outjie siek is, was dit hul plig om hom by n kliniek of iets te kry vir hulp. Nie die aanlyn dametjie wat n kind was nie.

Liza101 ·

Jip ek ook. My eks ook altyd gebel as hy dronk is en gedreig om sy eie lewe te neem, ek het ook eendag gese asseblief doen dit net en verlos my van alles! So ja dan is ek ook skuldig…

Belaglik ·

Hierdie uitspraak is absurd. Dit artikel maak dit duidelik dat die jonk man n geskiedenis met depressie gehad het en verskei kere van te vore probeer selfmoord pleeg het. Klink eerder hy het simpatie gesoek. As hy van die begin af ‘n ordentelike job gedoen het, het hy nie nog ‘n persoon/familie se lewe verwoes nie.
Ewewel voel ek die jonge dame direk die saak by die polisie of owerhede moes aangemeld het. Hierdie is weereens ‘n goeie voorbeeld van watter negatiewe impak blootstelling aan sosiale media op jongmense kan hê

dolphin ·

ek het geen simpatie betoon oor haar nie maar hoekom het sy gedoen vir hom het sy nie ouers om waardes geleer vir morele waardes of wat ook al nie wat is reg en verkeerd nie.in 20 jaar tronkstraf moet maar leer om vergifenis te vra.die kids moet net dink wat is reg en verkeerd kan nie se wat om te doen nie dis die geestlik wat in maak so wat kan verwoesting in die lewe om te bid vir die Here te vra…..

Astrid ·

Ek is half hartseer oor die kommentaar wat hier gelewer word, ek probeer verstaan of julle meen dat mense met depressie en enige ander ”toestand” se lewe eintlik minder werd is omdat hulle ten minste al 1 keer gevoel het om selfmoord te pleeg en nou eweskielik simpatie op sò manier soek en daarom dit meer en meer wil doen?? Ek is 27 en gediagnoseer met kroniese depressie, ja daar is dae wat ek voel ek kan in ‘n muur vas ry maar mens kom oor dit – ongelukkig is dit ‘n geestestoestand waaroor ek geen beheer het nie maar ek kan nie sien dat dit regverdig dat ek myself afmaai ten gunste van iemand anders se verwronge ‘sin vir humor’ nie. ‘n Vraag, hoe sou julle reageer het as hy nie depressie gehad het nie en selfmoord gepleeg het omdat hy gedruk gevoel het?? Ek is jammer as ek nou op tone gaan trap, maar ek is amper 99.9% seker dat elke persoon al iewers in sy lewe nikswaardig gevoel het nie maar dit maak my jou nie minder respekteer as ‘n persoon nie. Sy moes daar gewees het vir hom, ongeag sy persoonlike agtergrond, sy het geen reg gehad om sy lewe te eis en/of so te neem nie. Daardie ma en pa is ontneem van ‘n kind met ‘n toekoms, ‘n kind met ‘n naam en nie ‘n ”depression label” nie.

zumie ·

Ek lees deur die kommentaar en verstaan die morele afkeuringswaardigheid van die meisie se optrede maar wonder of die kommentators al mooi gedink het wat die implikasies van so ‘n regsontwikkeling kan wees. As tienersussie in ‘n gewone uitbarsting vir ma skree ” ek hoop jy gaan dood” en more het ma selfmoord gepleeg….. En Nou – gaan ons nou vir sussie deur die hof druk….

Elzabe Taljaard ·

Ek verskil…. Die seun was depressie en wou nie meer leef nie. As hy net eenvoudig selfmoord gepleeg het was niemand anders skuldig nie. Hy was ‘n emosionele “vraat”! Dalk het sy al verskeie kere probeer om hom te help sonder dat hy gehelp wou wees. Hou op vinger wys. Ek kry die arme meisie jammer. Sy moet boet omdat hy ‘n lafaard was. Per slot van sake was dit sy keuse?

Sanell ·

Ongevoeloos en siek in haar kop, trane nou te laat sy het hom gedryf tot selfmoord. Geen genade vir die meisie nie, tronk toe en gooi die sleutels weg sy verdien wat haar toekom !!!!

Aai ·

Astrid – kry asb. hulp. Jy kan vaardighede aanleer om beheer te kry oor jou geestestoestand. Baie sterkte met die pad waarop jy nou is.
Wat alle tieners maar kan aanleer – NEE is ook ‘n antwoord. Michelle het nie nodig gehad om die jongman aan te moedig nie. Sy kon maar kies om te se kry vir jou hulp en dan haar selfoon afsit.

Anoniem ·

Ja nee kyk mens kan sien hier is mense wat nie weet wat is dit om n depressie lyer te wees nie. Mense hy het gesmeek vir hulp….sy moes hom dokter toe gevat het, daar is niks verkeerd om op antidepresante te wees nie. Dink net as sy dit gedoen het was hy vandag dalk nog hier. Maar nee kom ons moedig hom eerder aan om sy lewe te neem. Wys net sy was net so vol onkunde!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Maryke ·

Sy was net 17. Hoekom moes sy hom dokter toe vat? WAAR WAS SY OUERS???

Jaycee ·

Ek hoop hierdie saak en die hof se bevinding maak dit nodig dat in SA weer gekyk word na boelie- en wraakboodskappe wat mense op sosiale media stuur. Op die oomblik word dit moontlik te ligtelik hanteer, veral in gevalle wanneer dit tot persoonlike trauma en tragedie aanleiding gee.

Verstaan ·

Ek voel vreeslik jammer vir die seun en sy famielie, depressie is n nare ding. Ek voel ook jammer vir die meisie want net 2 dae voor die tyd het sy vir hom gese om hulp te kry en voor die 2 jaar voor dit het sy hom seker ook probeer help. Sy kon dit dalk nie meer hanteer nie, sy was ook maar net n kind en dit was nie haar verantwoordelikheid om hom by n dokter te kry nie.
Dis n baie tragiese storie vir albei hierdie jong mense. Ek moet byvoeg dat ek nie verstaan hoekom sy uit haar eie gedruk het vir hom om dit te doen sonder dat hy dit op gebring het nie, dit maak haar bietjie skuldig maar ek voel 20 jaar is bietjie rof.

Anoniem ·

Jammer Verstaan…ek stem nie saam. Sy was grootmoedig genoeg om hom aan te hits om self moord te pleeg. Sy kon n dokter gevra het om uit te kom na hom…Daar is nog dokters wat dit doen. Sy kon dit met iemand meer ouer gepraat het daaroor gese he sy is bekommerd. Elk het geen simpatie met haar. Sy is aandadig aan sy moord!!!!!!!!!

Sê maar net.... ·

Daar is ‘n verskil tussen “gaan doen dit en kry klaar” dink almal het dit al gesê en gedoen. Maar om hom so te druk tot hy uiteindelik sy eie lewe neem is moord! Maak haar skuldig sy was oud genoeg om te weet van reg en verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.