$20-noot in sy McDonalds-hamburger

Die $20 in die McDonalds-hamburger

Die $20 in die McDonalds-hamburger

ʼn Man van Chesterfield in Virginia het ʼn aangename verrassing gekry toe hy op ʼn $20-noot in sy McDonalds-burger afgekom het.

Dave Cook het aan CBS6 gesê hy het op die noot afgekom toe hy die eerste hap gevat het. Hy was Dinsdagoggend saam met sy ma by die McDonalds om vinnig stil te hou en iets te eet toe hy dié verrassing gekry het. “Ek het gevra, ‘wat is dié’,” het hy verduidelik. “ʼn $20-noot in my kaasburger!”

Die noot was tussen die twee patties op die burger.

Twee restaurantgangers wat daar naby gesit en gesien wat gebeur het, het gesê hulle beter dadelik seker maak of hulle nie ook geld in hulle kos gekry het nie, maar hulle was nie só gelukkig nie.

Volgens Cook het hy nie die restaurantbestuur in kennis gestel nie, uit vrees dat hulle die geld sou terugvra. Hy het later gesê hy sal die geld teruggee as iemand dit eis.

Die bestuurder by die McDonalds in Willisweg was verbaas toe CBS6 hom gekontak het. Hy is onseker hoe dit kon gebeur het, maar het die voorval na McDonalds se hoofkantoor verwys.

Dave Cook met die $20-noot wat hy in die hamburger gevind het (Foto: CBS6)

Dave Cook met die $20-noot wat hy in die hamburger gevind het (Foto: CBS6)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Karel ·

Miskien het hy dit nog self geplant net om in die blaaie te kom. Mense sal enige iets doen vir aandag deesdae. Buitendien is $20 ook nie n plaas se geld nie, en kan hy seker nou net twee burgers en twee koeldranke daarmee koop en dis nou as hy gelukkig is, miskien sal hy moet “down size”, om dit te kan doen.

Poppie ·

Dalk gesteel uit die kasregister en toe vinnig in ‘n burger gesit.Nou weet die manager as daar 20 weg is uit die “float” dan weet almal waar is dit heen :D

johann cb ·

Ek het jare gelede R20,00 in my tuin opgetel terwyl ek blare skoongemaak het. Dit was my betaling vir die dag! Gelukkig het ek dit nie geëet nie!

Gesiggie ·

Ek sou die $20 gevat het en nog burgers gekoop het, dalk sou daar in die ander dalk n $50 noot gewees het….. gelukkig was dit nie n rot, of iets anders… soos sommige ander mense in hul burgers kry??? darem bietjie meer ordentlik..en skoner . n $20 noot…( ^_^)

Pietertjie ·

Die man het nogal mooi gebyt! Presies raak, op die hoek van die noot. En daar is nie eens sous of krummels op die geld nie. Foefie. Kul-kunstenaar.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.