ʼn Man van Chesterfield in Virginia het ʼn aangename verrassing gekry toe hy op ʼn $20-noot in sy McDonalds-burger afgekom het.
Dave Cook het aan CBS6 gesê hy het op die noot afgekom toe hy die eerste hap gevat het. Hy was Dinsdagoggend saam met sy ma by die McDonalds om vinnig stil te hou en iets te eet toe hy dié verrassing gekry het. “Ek het gevra, ‘wat is dié’,” het hy verduidelik. “ʼn $20-noot in my kaasburger!”
Die noot was tussen die twee patties op die burger.
Twee restaurantgangers wat daar naby gesit en gesien wat gebeur het, het gesê hulle beter dadelik seker maak of hulle nie ook geld in hulle kos gekry het nie, maar hulle was nie só gelukkig nie.
Volgens Cook het hy nie die restaurantbestuur in kennis gestel nie, uit vrees dat hulle die geld sou terugvra. Hy het later gesê hy sal die geld teruggee as iemand dit eis.
Die bestuurder by die McDonalds in Willisweg was verbaas toe CBS6 hom gekontak het. Hy is onseker hoe dit kon gebeur het, maar het die voorval na McDonalds se hoofkantoor verwys.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Sies!
Wens daar wil in myne ook sulke verassings kom. Ha ha
Hy het seker die hamburger geëet ook. :-(
Miskien het hy dit nog self geplant net om in die blaaie te kom. Mense sal enige iets doen vir aandag deesdae. Buitendien is $20 ook nie n plaas se geld nie, en kan hy seker nou net twee burgers en twee koeldranke daarmee koop en dis nou as hy gelukkig is, miskien sal hy moet “down size”, om dit te kan doen.
Mcdollar burger vir my asb…