Twintig persone is Saterdag dood toe ʼn Junkers Ju-52-veteraanvliegtuig in die Alpe van sentraal Switserland neergestort het.
Die polisie het tydens ʼn perskonferensie in Flims gesê die vliegtuig het tydens ʼn plesierrit deur die maatskappy Ju-Air op die westelike vleuel van Piz Segnas teen ʼn hoogte van 2 540 m neergestort. Die vliegtuig het 17 passasiers en drie bemanningslede aan boord gehad.
Verskeie helikopters is ontplooi om met die reddingsoperasie te help.
Nuus van die ongeluk het net ure ná nóg ʼn klein vliegtuig ongeveer 10 km suid van Lucerne in Switserland neergestort het. Vier gesinslede het in dié ongeluk omgekom.
Hou op veteraan vliegtuie vlieg .. as hulle nie meer reg is nie, haal hulle uit die lug uit . twee weke gelede het daar ‘n Nederlandse veteraan vliegtuig ook neergestort, gelukkig is net een persoon oorlede. STOP DIT NOU .. Innige meegevoel aan die oorledenes se families ..
Sjoe Maroela Media, julle laaste sin maak geen sin nie: “Nuus van die ongeluk het net ure na nog ‘n klein vliegtuig ongeveer 10 km suid van Lucerne in Switserland neergestort het”. Eish!!!!!!!!!!!