$200 miljoen-navorsingskip dalk ‘Boaty McBoatface’ gedoop

NERC se navorsingsvaartuig wat na verwagting in 2019 te water gelaat word (Foto: NERC)

NERC se navorsingsvaartuig wat na verwagting in 2019 te water gelaat word (Foto: NERC)

Die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad (NERC) het ʼn groot les geleer: moenie die internet vra om vir jou nuwe $200 miljoen-navorsingsvaartuig ʼn naam uit te dink nie.

Dié skip kan moontlik amptelik “Boaty McBoatface” gedoop word nadat NERC die publiek aanlyn uitgenooi het om ʼn naam te kies vir die vaartuig.

Die wenner sal amptelik volgende maand aangekondig word, wanneer die stemmery op 16 April 2016 tot ʼn einde kom. “Boaty McBoatface” loop tans voor met meer as 21 000 stemme. In die tweede posisie is “Henry Worsley”, met 2 700 stemme. Worsley was ʼn ontdekkingsreisiger en voormalige Britse soldaat wat op 24 Januarie 2016 gesterf het tydens ʼn poging om die eerste persoon te wees wat sonder enige hulp Antarktika wou oorsteek.

Daar is ook voorstelle vir “Usain Boat”, “Boatamus Prime”, “It’s bloody cold here”, “Ice Ice Baby” en “Notthetitanic”.

NERC het ʼn vrywaring ingesluit. “ʼn Paneel van kenners sal alle voorstelle hersien voordat ʼn finale besluit geneem word,” het die organisasie bygevoeg.

Die Name Our Ship-webwerf het al verskeie kere die afgelope paar dae tegniese probleme ondervind weens die hoë verkeer op die netwerk, waarskynlik lojale ondersteuners vir “Boaty McBoatface”.

Die 125 meter lange skip is tans onder konstruksie. Wanneer dit in 2019 te water gelaat word, sal die skip oor die nuutste tegnologie beskik met laboratoriums aan boord wat die effek van klimaatsverandering en ekostelsels in Antarktika sal toets, asook oseaansirkulasie en seevlakke.

Klik hier om te stem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Vir my part kan hulle die ding “POEGIE” ook noem, MAAR TOG NET NIE DIE “JACOB ZUMA” NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Daleen ·

Dis die stupidste name denkbaar! Dis so goed om ‘n arabierse hings “wollie” of “stertjie” te noem. Maar aan die ander kant…kyk sy kleure… ‘N GROOT bespotting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.