2015 amper rekordjaar vir groot aardbewings

Argieffoto

Argieffoto

Die groot aardbewing met ’n sterkte van 7,2 wat pas in die voormalige Sowjetrepubliek Tadjikistan voorgekom het, het die totale aardbewings vanjaar van 7 of meer op die momentmagnitudeskaal tot 20 laat styg.

Die rekord sedert 2002 is 21 sulke aardbewings wat in 2010 opgestel is. Die jongste aardbewing het in ’n afgeleë, bergagtige gebied voorgekom, met Murghob, 109 km verder, die naaste noemenswaardige nedersetting daaraan.

Tadjikistan is aan Afganistan se noordgrens geleë. Die skudding is ook in noordelike Pakistan en tot in Nieu-Delhi en ander plekke in Indië gevoel, maar geen berigte van skade of ongevalle is nog ontvang nie. Vroeëre berigte het bevestig dat geen skade aan Russiese basisse in Tadjikistan aangerig is nie.

Bronne: Delhi NewsAl Jazeera, USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Seker eindtyd GES, want geloof neem ook af en met alles wat om ons gebeur, nie net in ons land, maar in ons eie lewens sukkel n mens om sin uit alles te maak en wonder n mens waar is die Here en hoe gaan ons uit ons situasies kom en later rym selfs dinge in die Bybel ook nie meer nie en is daar net meer vrae as geloof en die Here sê in sy Woord of sal Hy nog geloof op die aarde kry as Hy kom. Dit raak regtig baie moeiliker, so ja, met al die aardbewings, natuurverskynsels en mense wat net al hoe meer goddeloos optree dink ek ook dis eindtydtekens. Vraag is nou net, sal ons ons geloof deur dit alles behou en steeds aan die Here vashou en die wedstryd met VOLHARDING kan voltooi.

GES ·

SNEL baie dankie, nog iemand met olie in die lamp en ekstra olie. Dinge gaan hand uitruk maar ek vind troos in Jesus se woorde naamlik dat ons Vader die tyd sal verkort. Ons sal nie bo ons vermoëns getoets word nie. Net volhard en ons SAL gered word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.