Die Amerikaanse nasionale oseanografiese en atmosferiese administrasie (NOAA) het Woensdag bekend gemaak dat 2015 amptelik die warmste jaar was sedert rekordhouding begin het.
“In 2015 was die gemiddelde temperature op die aarde se land- en seeoppervlakte wêreldwyd die hoogste sedert daar in 1880 begin is om rekord daarvan te hou,” het die organisasie in ʼn verslag bekend gemaak.
Desember is boonop as die warmste maand in 136 jaar opgeteken. In Desember was die gemiddelde temperatuur 1,33 °C hoër as die hoogste gemiddelde temperatuur wat in die 20ste eeu aangeteken is.
Toemaar Oubama sal die grade weer regstel vir ons met die klomp geld wat hulle nou vir die res van hulle lewe met global tax van ons af gaan kry.