21 sterf in steenkoolmyn-brand

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 21 mense is dood nadat ʼn brand laat Vrydagaand by ʼn steenkoolmyn in Heilongjian in China uitgebreek het.

Die brand by die Xinghua-myn van die Longmay Mining Holding Group in Jixi is Saterdag onder beheer gebring, het Xinhua-nuusagentskap berig.

Die provinsiale arbeidsveiligheidadministrasie het die voorval en dodetal bevestig. ʼn Beampte het gesê reddingsbeamptes is nog op soek na een persoon wat vermis word.

Volgens Xinhua het 38 myners ondergronds gewerk toe die brand uitgebreek het. Sestien mense kon na veiligheid gebring word.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Dit is die dodelikste mynvoorval sedert April toe 21 mense dood is ná ʼn waterlek by ʼn steenkoolmyn in Datong, Shanxi.

Altesaam 931 mense is verlede jaar in China dood weens mynongelukke, ʼn groot daling ná 2002 toe nagenoeg 7 000 myners gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.