24 by troue doodgeskiet

(Argieffoto)

Minstens 24 mense is dood en nog 30 ernstig beseer toe gewapende aanvallers op ʼn bruilof in die Kaduna-staat in Nigerië toegeslaan het.

Yashen Titus, ʼn woordvoerder van die Kaduna-polisie, het gesê die aanvallers is vermoedelik Fulani-veewagters. Hulle het Sondagaand op die bruilofgangers losgebrand.

Titus het gesê die veewagters het 19 mense op die toneel doodgeskiet. Vyf ander is later in ʼn hospitaal dood. Die beseerdes is na verskeie hospitale in die streek geneem.

This Day berig Kaduna het die afgelope ruk onder ʼn vlaag aanvalle deurgeloop, met ʼn onlangse een wat skaars twee weke gelede plaasgevind het.

(Foto: @OnwardNG/Twitter)

ʼn Gemeenskapsleier in die omgewing, wat gevra het dat sy naam nie genoem word nie, het aan die Nigeriese koerant gesê gewapende mans het in ʼn konvooi motorfietse opgedaag en op die niksvermoedende skare losgebrand.

“Almal hier is woedend oor die aanval. Dit reën swaar hier en groot getalle mense huil buite in die reën oor hierdie bose daad,” het hy gesê.

Hy sê ook die regering en veiligheidsmagte het hulle in die steek gelaat.

“Ons weet nie waarheen om te gaan of wie om te glo nie. Dit is die regering se grondwetlike plig om lewens en eiendom te beskerm, maar die regering het ons skandelik in die steek gelaat.

“Mense vra hoekom veewagters toegelaat word om vryelik met wapens rond te beweeg en mense te vermoor. Omdat die regering versuim het om die moordenaars te stuit, moet ons nes hulle toegelaat word om vuurwapens byderhand te hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stofdonkie ·

Donald Trump sê “when firearms are outlawed only outlaws have firearms”. Dus kan wetsgehoorsame burgers hulself nie verdedig teen die moordenaars en booswigte nie. Almal van julle wat so teen wettige wapen-eienaarskap is, kyk hier wat gebeur as net die skelms bewapens is.

Cherokee ·

Ek dink nie dit was Donald Trump wat so gesê het nie, maar Koos van der Merwe. Dit verander egter nie die waarheid in die stelling nie.

Pieter ·

Waar is die rassistiese Black Lives Matters nou? SA krieket is stil en Siya Kolizi as die Verenigde Nasies se kollig ambassadeur is uit die kollig. Selfs Ramphosa as voorsitter van die Afrika Unie is stil. Dit bewys dat BLM daar is om die blankes rassisties te takel vanweë hul minderwaardigheidskompleks soos erken deur Tito Mboweni.

Snowball ·

Jy kry 10 uit 10 vir daai opmerking Pieter!! BLM oral behalwe waar hulle mekaar uitwis. Die ironie daarvan ontwyk egter die knieknakkende napraters.

Prikkie ·

Veewagters op motorfietse met wapens?

Wilde weste klink dit vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.