24 dood, 80 beseer in motorbom-aanval

Pakistan

Minstens 24 mense is dood en meer as 80 beseer toe ʼn bom Vrydag by ʼn mark in Parachinar, Pakistan, ontplof het.

Die ontploffing het voor ʼn moskee in dié stad in die Kurram-gebied naby die Afganistan-grens plaasgevind. Sajjad Hussain Turi, ʼn parlementslid, het gesê die aanvallers het ʼn motorbom gebruik.

Jamatul Ahrar, ʼn splintergroep van die Pakistanse Taliban, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Turi, ʼn inwoner van Parachinar, het aan die nuusagentskap DPA gesê dit is verbasend dat ʼn motor vol plofstof die streng veiligheidsmaatreëls in die stad kon ontduik.

In Januarie is 25 mense in ʼn soortgelyke aanval in die sentrale gedeelte van die stad dood.

Ghayur Hussain, ʼn ooggetuie, het gesê die ontploffing het teen ongeveer 10:30 plaasgevind toe baie mense op pad na die moskee was om te bid. Omliggende geboue en verskeie winkels is deur die ontploffing beskadig en die mark is gesluit. Volgens Hussain het ʼn groot groep mense later betoog uit protes teen veiligheidsmagte wat nie die aanval verhoed het nie.

Kurram is een van sewe semi-outonome liggame van die federaal geadministreerde stamgbiede (Fata) in noord-westelike Pakistan. Die gebied was voorheen ʼn Taliban-vesting. Die Pakistanse weermag poog sedert 2008 om militante uit die gebied te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Wow en gemiddeld word daar 50 mense in SA in n dag vermoor en dit is ie eers wereld nuus nie ?

Duineboer ·

Ja ons is nie nuus nie. Nogtans is dit skokkend wat mense ander mense aandoen. Verstaan nie die denke nie. Ek hoor ook te min stemme daarteen vanaf ons plaaslike Moslem gemeenskap. Nou die dag nog was daar ‘n optog teen Israel met rugby spelers soos Nizaam Carr vooraan. Jammer ek is dom. Waar is die optogte nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.