26 dood van ‘giftige lekkergoed’

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 26 mense is sedert Donderdag dood nadat hulle lekkergoed, wat vermoedelik vergiftig was, by ʼn hospitaal in Layyah, in die ooste van Pakistan, geëet het.

Samaa TV het berig tien mense, wat ook van die lekkergoed geëet het, word steeds by ʼn hospitaal in Multan behandel en die meeste van hulle is in ʼn kritieke toestand.

ʼn Inwoner van die Karor Lal Esan-nedersetting in Layyah het glo van die lekkergoed aan ʼn groep van sy familielede gegee nadat sy seun by die plaaslike hospitaal gebore is. Al die familielede het siek geword en is in die hospitaal opgeneem. Dokters meen die lekkergoed het giftige bestanddele bevat.

Die polisie het ʼn klopjag gedoen op die winkel waar die lekkergoed gekoop is en die eienaar is in hegtenis geneem. Die lekkergoed is na ʼn laboratorium gestuur om ontleed te word.

Die provinsiale minister, Shahbaz Sharif, het sy hartseer oor die voorval uitgespreek en gesê ʼn ondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.