26 mense in Texas-kerk doodgeskiet

Foto: Youtube.

Ten minste 26 mense is Sondag doodgeskiet en 20 gewond toe ʼn jong aanvaller in swart veiligheidsdrag en ʼn koeëlvaste baadjie met ʼn aanvalsgeweer op kerkgangers in Texas losgebrand het.

Die voorval het  by die First Baptist Church in Sutherland Springs plaasgevind.

Die slagoffers is glo tussen vyf en 72 jaar oud.

Pres. Donald Trump het op Twitter laat hoor hy monitor die situasie vanuit Japan.

“Mag die Here met die mense van Sutherland Springs, Texas, wees,” het hy op Twitter laat hoor.

Greg Abbott, goewerneur van Texas, het die dodetal bevestig. Volgens BBC het hy gesê dit is die ergste massaskietery nog ooit in Texas.

Martin Freeman, direkteur van Texas se departement van distriksveiligheid, het gesê die man het glo buite die kerk al begin skiet en aanhou skiet soos hy in die kerk inbeweeg het.

CNN berig die man is ná ʼn jaagtog dood in sy motor aangetref.

Oudpresident Barack Obama het op Twitter gesê: “Ons rou saam met al die gesinne in Sutherland Springs wat deur hierdie daad van haat geraak word en ons sal die oorlewendes bystaan soos hulle herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marianne ·

Mag die Here saam met die gesinne, naasbestaandes en gemeentelede wees.

Groot Krokodil ·

Die aanval op konserwatiewe waardes en gemeenskappe is kommerwekkend. Die artikel moet misien bynoem dat ‘n buurman die aanval gehoor het, sy private geweer (gerigistreerd) gegryp, die aanvaller agterna gesit het en ‘n paar skote op hom afgevuur het. Die aanvaller het na bewering kort daarna beheer oor sy voertuig verloor en is dood aangetref in sy voertuig kort daarna. Buurman het heel moontlik baie lewens gered to hy skote op aanvaller begn afvuur het en word ‘n held beskou deur sy gemeenskap.

Valerie ·

Groot Krokodil, die liberale media en Trump/Republikein haters sal mos nooit hulself sover kan kry om so iets te erken nie. Hul sal eerder die man wil laat aankla van iets, enige iets.

Hendrik ·

Ag strooi Valerie, die mees liberale NPR berig wyd oor die lid van die publiek se heldhaftige optrede. Die vêr regses en NRA ondersteuners moet eerder besef hulle is aandadig aan hierdie massamoorde deur enige vorm van vuurwapenbeheer teen te staan. Hierdie maniak het oneervolle ontslag uit die lugmag gekry omdat hy sy vrou en kind mishandel het. Hy het ook in die moeilikheid gekom omdat hy diere mishandel het. Hy moes nooit toegelaat word om n vuurwapen te besit nie, veral nie n aanvalsgeweer nie.

Sê maar net. ·

Hoekom noem Obama dit ‘ n haat voorval? Kan iemand my verduidelik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.