270 in arres ná onluste in Parys

Parys brand terwyl betogers se woede oor die hoë lewenskoste oorkook. Foto: Twitter

Frankryk se onlustepolisie en glimbaadjie-betogers het Saterdag slaags geraak in Parys toe landwye betogings teen die hoë lewenskoste en belasting in die ergste stedelike geweld ontaard het wat Frankryk die afgelope dekade beleef het.

Tydens die dag lange oproer het betogers tientalle motors aan die brand gesteek en talle winkels naby die Arc de Triomphe (Triomfboog) en Champs-Élysées verwoes, berig Deutsche Welle.

Pres. Emmanuel Macron het die gewelddadige protesoptrede veroordeel en beloof om hard terug te slaan. “Ek sal geweld nooit aanvaar nie,” het hy vanaf die G20-spitsberaad in Argentinië gesê. “Geen saak regverdig aanvalle op die owerheid nie of dat sakeondernemings geplunder, verbygangers of joernaliste gedreig of die Arc de Triomphe verontreinig word nie.”

Die polisie het traangas, skokgewere en waterkanonne gebruik om die skare in die Champs-Élysées te probeer beheer, terwyl betogers hulle met allerlei voorwerpe bestook en geboue aan die brand gesteek het, berig die BBC.

Minstens 110 mense is beseer, van wie 17 lede van die veiligheidsmagte, en 270 is in hegtenis geneem nadat betogings teen ʼn hoë heffing op brandstof ontaard het in algemene woede oor die hoë lewenskoste in Frankryk.

Macron hou vol sy brandstofbeleid is daarop gemik om aardverhitting te bekamp.

Een mens verkeer in ʼn kritieke toestand nadat oproeriges ʼn ysterhek by die Tuileries-tuin naby die Louvre-kunsmuseum omgetrek en dit op talle mense geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Snelvuur ·

@Buffel
Dis vir my altyd ironies hoe mense wat kognitief verkeerd spel oor ander se kognitiewe vermoë oordeel…

Dienkie ·

Hulle het by die Suid-Afrikaners gesien om dinge aan die brand te steek indien jy ontevrede is.

piper ·

dit lyk my daar is n klompie van suid afrika betrokke by die spul.

jaco ·

en as die Franse verkiesing hou, skree almal Nazi Nazi die oomblik wat die anti-immigrante Nasionale Front begin steun kry. mark my words: in die volgende verkiesing wen die liberales en sentrum-linkses weer en daarna kom maar net nóg immigrante in.
dis verbasend hoe maklik dié mense in Frankryk inkom, maar toe ek net ‘n toeristevisum wou hê, moes ek digby R2000 betaal, klomp vrae oor my persoonlike lewe beantwoord en nog weer ondervra word by aankoms in Parys, al was die visum klaar in my paspoort.

Snelvuur ·

@jaco
Liewer as om hierdie storie te verdraai om op die tipiese anti-immigrante “bandwagon” te spring, moedig ek u aan om meer filosofies na die saak te kyk:

Toon hierdie gebeurtenisse nie juis dat geweldadige protesaksie nie tot een ras of volk beperk is nie? Toon dit dan nie verder dat ons almal eintlik maar dieselfde is nie? In Suid-Afrika veroordeel ons geweldadige protesaksie, en dit is reg so, maar tog vereer ons die Franse Rewolusie. Die punt wat ek probeer maak is dat die oorwinnaar die geskiedenis skryf en dat mens liewer oordeel moet weerhou en objektief na sulke gebeurtenisse kyk.

Waarheid ·

Daar is hordes Noord Afrikane daar.
Die Franse het te laat besef dat Macron n fool is.Hulle moes vir Le Penn gestem het.
As jy n fool vir n President het wat saam met immigrante uithang wat drugs gebruik en n persoonlike lyfwag wat n vroueslaner is – gebeur dit.

Ander Koos ·

Daar is der duisende immigrante, vlugtelinge en asielsoekers vanuit Afrika en Midde-Ooste. Wonder net hoeveel van hulle is betrokke by die brandstigting en plundery, is mos goed bekend daarmee. I rest my case

Snelvuur ·

@AnderKoos
Daar is geen aanduiding vanaf enige media-berigte dat die meerderheid, of selfs enige persentasie, van die betogers immigrante is nie. Nou waarom sou u die gevolgtrekking maak dat dit die geval is? Hierdie vooroordeel dui op onkunde en rassisme.

Cornelia ·

By die stembus word ‘n land se bevolking se insig in sy aandeel aan sy koers en lot getoets. Macron se uitspraak dui op ligsinnige begrip vir die ampsplig teenoor sy volk. Daar is ongelukkig die neiging onder volksleiers om die leer te beklim met die oog op “wêreldleier” status. En daarvoor word die volk geoffer op hulle brandstapels. As die volk van huis tot huis nie meer ‘n volks huishouding is nie, het so ‘n nasie die gevangene geword van ‘n magsdronke stryd wat buite die landsgrense meeding om eerder as ‘n “wêreldleier” Mág en Aansien in te oes. Die volk is slegs sy “stepping stone” tot daardie “bevorderings” status. Macron en baie regeerders soos hy is die bron tot die geweld wat in eie “huis” ontvlam. Keur hom, die oproer, geweld en anargie 100% af.

Ander Koos ·

Snelvuur. Ek het geen stelling of bewering gemaak, of enige iemand of groep beskukdig nie. Dit is egter bekende feit dat immigrante groot probleme en moeilikheid in Frankryk. (en ander lande) veroorsaak. So om my van onkunde en rassisme te beskukdig is ongvraagd en onvanpas en dui op die teendeel

TS ·

Ten minute 110 mense is beheer waarvan 167 van die veiligheidsmaggte is???

Morné van Rooyen ·

Dagsê TS,.

Dankie vir jou oplettendheid. Dis reggestel.

Groete,
Morné nms. Maroela Media

PJC ·

Macron is mos ń regte kaartmannetjie en het altyd baie te sê oor ander lande se beleid so ek hoop hierdie spul gemors gee hom hel.

KHAT ·

dit gebeur as jy rasse so lank meng en dan gebeur dit hulle leer by die anc en eff dis hulle boeties hulle plunder als en wil als verniet he te sleg om self te werk vir wat hulle wil he soos ander lands burgers so franse kry vir julle julle like dit mos

die wit wolf ·

Die hoof probleem is, dat die wereld regerings (elites) nie meer hulle eie bevolkings verteenwoordig nie, en dat julle almal besig is met hulle eie donker agenda-21 dinge…dit is tyd vir wereldwye opstand! Die parasietiese staat het die mense meer nodig as wat ons hulle nodig het!

Staak saam ·

Snelvuur,
Geweld kom altyd na vore waar daar n gesags gaping is in proteste.
As ons daaroor kan gesels dan lyk dit of hierdie patriotiese of kamaraderie gekweek word op hulle sportvelde. Dit is al ou nuus om op tv te sien hoe motors gebrand word na die Franse sokker spanne verloor.
Daar is n paar Europese lande waarvan die bevolking geneig is tot geweld, maar, dan is daar ook die lande vir wie geweld vreemd is soos Holland waarvan baie van ons afstam.
Met al die vlugtelinge en die Franse se geweld kultuur is hierdie nie n onverwagsie optrede nie want geweld en moord is n diep gewortelde Afrika kultuur.
Hierdie is Padys se lont.

Oom Willem ·

Nou voel hulle dit aan hulle bas omdat hulle voor 1994 aan 2 persone by ons elk R40 miljoen betaal het om ons aan die genade van die afrikane oor te lewer en nog vir hulle so ‘n prysie gegee het om te deel.

Netso ·

“Vive la révolution!” Kap daardie tentakels van die Kabal af wat julle versmoor…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.