28 sterf in busongeluk

Die Taj Mahal (Foto: Richard Mcall/Pixabay)

Minstens 28 persone is Maandag dood op pad na die bekende Taj Mahal in Indië.

Die bus het op ʼn snelweg in Agra gegly en in ʼn sloot beland. Volgens polisiebeamptes het die busbestuurder vermoedelik aan die slaap geraak, aldus Reuters.

Meer as 40 persone was aan boord die bus van New Delhi toe dit die seslaansnelweg verlaat het. ʼn Polisiebeampte het gesê 18 persone is beseer tydens die ongeluk.

“Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Dit wil voorkom of die busbestuurder aan die slaap geraak het,” het superintendent Bablu Kumar, van die Agra-polisie, gesê.

Paaie in Indië is van die wêreld se dodelikste. Nagenoeg 148 000 persone is in 2017 dood in 464 910 ongelukke, aldus die jongste regeringsdata.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Paaie is SA is dalk die 2e dodelikste/gevaarlukste. Maroela Media kan gerus statistieke van SA probeer kry, en dit vergelyk met die hoeveelheid inwoners en ongelukke. Onthou, Indie het oor ‘n Biljoen in wonders teenoor ons geskatte 70 miljoen, wat natuurlik miljoene uit landers insluit!

toy ·

Kyk hoe bestuur hulle daar, druk hoeter en voeter voort. My senuwees sal dit nie hou daar nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.