29 verkool in busongeluk

Foto: Mexikaanse federale polisie, Twitter

Altesaam 29 persone is Donderdag dood tydens ʼn botsing tussen ʼn petroltenker en ʼn passasiersbus op ʼn snelweg in Mexiko.

Jorge Ostria, bevelvoerder van Michoacan-brandweervereniging, het aan plaaslike media gesê die bestuurder van die vragmotor, wat 40 000 liter brandstof vervoer het, het omstreeks 06:30 (1130 GMT) voor aankomende verkeer beland en in die bus vasgery.

Die slagoffers is verkool tydens die ontploffing. Die bestuurder van die vragmotor het ook in die ongeluk gesterf, het Ostria bygevoeg. Verskeie passasiers kon ontsnap en agt mense, insluitend twee klein kindertjies, is met beserings in die hospitaal opgeneem, berig La Jornada.

ʼn Oorlewende het aan die nuuswebwerf Aristegui Noticias gesê ʼn familie het die bus gehuur om hulle van Morelia, sentraal-Mexiko, na die kusdorp Lazaro Cardenas te neem vir die Paasvakansie.

Ostria het gesê 36 mense was op die bus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.