3 000 uit Moskou-treinstasies ontruim ná bomdreigement

Yaroslvsky-treinstasie (Foto: Welcome2Russia)

Yaroslvsky-treinstasie (Foto: Welcome2Russia)

Russiese owerhede het Maandag ongeveer 3 000 persone uit drie treinstasies in sentraal Moskou ontruim weens ʼn telefoniese bomdreigement.

Die staatsnuusagentskap RIA Novosti het berig ongeveer 2 000 persone is uit Leningradsky- en Kazansky-stasies ontruim en 750 uit Yaroslavsky.

Polisiebeamptes en honde-eenhede is ontbied en deursoek die treinstasies, wat naby die metrostasie Komsomolskaya geleë is. Die treinstasies spesialiseer in roetes na St Petersburg, Siberië en Sentraal-Asië.

Maroela Media het vroeër berig Maxim Sokolov, minister van vervoer, het Maandagoggend in ʼn televisie-onderhoud gesê terrorisme is nie die hoofteorie nie, nadat ʼn Russiese militêre vliegtuig Sondag in die Swart See neergestort het. Hy het gesê owerhede ondersoek ʼn moontlike meganiese fout of vlieëniersfout. Sokolov het bygevoeg die regering gaan nie in hierdie stadium veiligheidsmaatreëls by Russiese lughawens opskerp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marianna ·

Wat is duister aan die Russe?
Die russiese nasie word na gekyk nie soos in die res van die wêreld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.