3 dood, 10 vermis ná motel brand

mariner's coveDrie mense is dood en 10 word vermis ná ʼn brand by ʼn motel by Jersey Shore uitgebreek het.

Die brand by die Mariner’s Cove Motor Inn is Vrydagoggend omstreeks 05:30 aangemeld. Die dubbelverdiepingstruktuur het in ligte laaie gestaan toe brandbestryders by die toneel opgedaag het.

“Drie mans is dood en agt is beseer,” het staatsaanklaer Joseph Coronato gesê. Verskeie beseerdes het ernstige brandwonde opgedoen.

Coronato sê die soektog duur voort totdat beamptes oortuig is dat hulle rekenskap kan gee vir die ongeveer 40 mense wat by die motel ingeboek was.

Die oorsaak van die brand word ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.