3 dood in skietery by Pearl Harbour

Robb Chadwick spreek die media toe. (Foto: AP Photo/Marco Garcia)

’n Matroos het Woensdag drie mense by die Amerikaanse vlootbasis by Pearl Harbour in Honolulu in Hawaii geskiet voordat hy homself om die lewe gebring het.

Dít kom enkele dae voor duisende mense by dié basis gaan saamtrek vir die 78ste herdenking van Japan se aanval op Pearl Harbour.

Twee van die drie slagoffers is op die toneel dood. Die derde is in ’n hospitaal opgeneem vir mediese behandeling.

Robert Chadwick, die bevelvoerder van die Amerikaanse vloot in Hawaii, het gesê veiligheidsmaatreëls vir vanjaar se saamtrek sal herevalueer moet word om vas te stel of veiligheid opgeskerp sal moet word ná die skietvoorval.

Volgens Chadwick is die motief vir die matroos se moordtog nog onbekend. Dit is ook nie duidelik of daar enige verwantskap tussen die skieter en die slagoffers is nie.

“Ons het nog geen aanduiding of hulle geteiken is en of dit bloot ’n lukrake skietery was nie,” het Chadwick gesê.

Dit is ook nie duidelik watter tipe vuurwapen in die voorval gebruik is nie, aangesien persoonlike vuurwapens nie op die basis toegelaat word nie.

Die matroos was deel van die bemanning van die aanvalsduikboot USS Columbia wat ten tyde van die voorval by die basis was vir instandhoudingswerk.

Massaskietvoorvalle is ’n ongewone verskynsel in Hawaii. ’n Xerox-tegnikus het in 1999 sewe kollegas op die eiland doodgeskiet. ’n Man het in 2006’n taxi-bestuurder en ’n paartjie doodgeskiet wat foto’s by ’n uitkykpunt in Honolulu geneem het.

Hawaii het ook die laagste vuurwapensterftesyfer van al die Amerikaanse state in 2017 gehad. Die eilande het streng vuurwapenwette, insluitende ’n verbod op aanvalsgewere en ammunisiemagasyne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ag Ja! ·

Petrus,
Vlootbasis bevelvoerder is beslis nie n onder korporaal nie. Enigiets van n Kommandeur op.

Ag Ja! ·

Andre,
Bevelvoerder is ook die woordvoerder. Dit is sy basis en sy verantwoordelikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.