Aanvaller dood ná mesvoorval by Skotse hotel

Die owerhede buite die Park Inn-hotel in Glasgow, Skotland. (Foto: Andrew Milligan/PA via AP)

’n Man het Vrydag verskeie mense met ’n mes by ’n hotel in Glasgow, Skotland, gesteek voordat hy deur polisiebeamptes doodgeskiet is. Ses mense is gedurende die voorval gewond, onder wie ’n polisiebeampte en twee tieners.

Volgens die plaaslike polisie is David Whyte, ’n 42-jarige polisiekonstabel, in ’n kritieke tot stabiele toestand saam met vyf ander in ’n hospitaal opgeneem nadat hulle Vrydag kort voor 13:00 deur ’n man met ’n mes in die ontvangsarea van die Park Inn-hotel in West George-straat aangeval is.

Asielsoekers word tans by die hotel gehuisves te midde van die Covid-19-pandemie.

Gewapende polisiebeamptes is kort ná die aanvalle na die toneel ontbied waar hulle die verdagte enkele minute later doodgeskiet het.

Volgens ooggetuies is ’n Skotse man wat by ontvangs gewerk het ook een van die mense wat met steekwonde na ’n hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.

Die polisie het gesê die motief vir die aanval is nie in dié stadium bekend nie, maar dat die voorval nie as ʼn daad van terrorisme hanteer word nie.

Nicola Sturgeon, die eerste minister van Skotland, en Boris Johnson, die Britse eerste minister, het intussen albei hul skok met die voorval uitgespreek.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. 

Bronne: BBC, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fedup ·

My most favourite country seems to become just as crazy as the rest of the world.
What a shame.

marius ·

Waarom so geskok ? Ten minste het die asielsoekers nie plase afgebrand en vrouens en kinders in hokke gegooi nie . Wel nog nie .

JohanR ·

Ons het probleeme in SA ja, maar darem nie die soort probleme wat in die Verenigde Koninkryk gebeur nie. Jy weet nie wie en waar iemand skielik ‘n mes sal uit pluk, en begin wild steek nie. In die VSA lyk dit my die soort aanval gebeur meer met ‘n geweer. In Mozambiek lyk dit asof ISIS aan die broei is, soe wie weet waaneer ekstremiste by SA sal uitkom?

Francois ·

In pretoria ry swartes rond in die strate en beroof mense daagliks so weet nie waar ander lande erger is as SA nie

Pieter ·

Word wakker, ‘n mesaanval in SA maak nie eens enige nuus op enige platform nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.