3 dood ná ontploffing in Madrid

(Foto: Twitter)

Minstens drie mense is dood ná ’n reuse-ontploffing by ’n residensiële gebou in die Spaanse hoofstad Madrid.

Volgens die owerhede is die ontploffing in die La Latina-woonbuurt deur ’n gaslekkasie veroorsaak.

Jose Manuel Franco, verteenwoordiger van die Spaanse regering, het Woensdag gesê ’n span werkers het die gebou se warmwatertenk ten tyde van die ontploffing herstel.

Plaaslike priesters word glo in dié sesverdieping-gebou gehuisves.

Franco het die voorval as ’n “gasontploffing” bestempel en gesê drie mense is dood. Een persoon word in dié stadium vermis en die dodetal kan moontlik styg.

Minstens een persoon het ernstige beserings gedurende die ontploffing opgedoen hoewel niemand in ’n naburige ouetehuis beseer is nie.

Nege brandweerspanne en 11 ambulanse is intussen na die toneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.