3 dood, talle beseer toe vliegtuig gly op aanloopbaan

Reddingswerkers op die toneel by die Sabiha Gokcen- Internasionale Lughawe in Istanbul.
(Foto: Emrah Gurel, AP)

Drie mense is dood en sowat 179 beseer nadat ’n vliegtuig Woensdag weens swak weerstoestande van die aanloopbaan af gegly het nadat dit by ’n lughawe in Turkye geland het.

Die voorval het by die Sabiha Gokcen- Internasionale Lughawe in Istanbul plaasgevind.

Luidens inligting het die vliegtuig van Pegasus Airlines op die aanloopbaan gegly, in ’n stuk veld geploeg en in drie stukke gebreek.

Daar was ten tyde van die voorval sowat 177 passasiers en ses bemanningslede aan boord.

Ali Yerlikaya, goewerneur van Istanbul, het gesê die vliegtuig kon weens sterk winde en swaar reën nie “aan die aanloopbaan vasklou nie” en het ongeveer 50 tot 60 meter gegly. Die vliegtuig het in ʼn sloot van 30 meter diep tot stilstand gekom.

Reddingswerkers ná die eerste sneeustorting vandeesweek in die provinsie Van. (Foto: ANA)

In nóg ʼn Turkse tragedie is minstens 33 reddingswerkers dood en 53 ander beseer ná twee sneeustortings vandeesweek die ooste van die land getref het.

Vyf mense is dood toe die eerste storting Dinsdag ʼn bussie en ʼn sneeuskraper by ʼn bergagtige gebied in die provinsie Van meegesleur het.

Reddingswerkers het Woensdag na oorlewendes gesoek toe ʼn tweede storting tref. Altesaam 63 reddingswerkers is gered en na ʼn hospitaal geneem, nadat hulle onder hope sneeu begrawe is.

Reddingswerkers kon voor die tweede storting daarin slaag om twee mense te red, wat sedert die eerste storting onder die sneeu vasgekeer was.

Bronne: Aljazeera, CNN, BBC en ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rupert Ashford ·

Klompie vrae oor die tragiese vliegongeluk. Blykbaar te vinnig geland, met wind van agter, en hopeloos te ver op die aanloopbaan (einde van 2de derde van aanloopbaan). En dit alles op ‘n nat aanloopbaan. Lyk na swak oordeel tesame met slegte weer. Wees versigtig vir laekoste rederye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.