3 dood toe werker in poskantoor losbrand

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Amerikaanse posdiens. (Foto: SCOTT OLSON / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Drie werknemers van die Amerikaanse posdiens, onder wie die vermeende skieter, is Dinsdag tydens ʼn aanval op ʼn poskantoor in die deelstaat Tennessee dood.

Die vermeende skieter het in die East Lamar Carrier Annex in Memphis losgebrand voordat hy homself om die lewe gebring het.

“Die FBI is op die toneel doenig en kan bevestig dat die skieter een van die drie werknemers is. Die skieter is dood weens ʼn skietwond wat hy aan homself toegedien het,” het Lisa-Anne Culp, ʼn woordvoerder van die FBI in Memphis, gesê.

Culp wou geen verdere besonderhede rakende die skietvoorval bekend maak nie.

Die Amerikaanse posdiens het intussen die voorval betreur.

“Die posdiens is bedroef oor die gebeure wat vandag in Memphis plaasgevind het. Ons dink aan die familielede, vriende en kollegas van die betrokke individue.”

Die skietvoorval bring weereens die VSA se vuurwapenwette en hoë aantal massaskietvoorvalle onder die loep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eclectus ·

Hierdie tipe voorvalle kom meestal in “gun free” sones voor.

Johann ·

Die wapens is nie die probleem nie, die hanteerders van wapens is die probleem as daar een skieter was en drie gewapende “slagoffers”, was daar moontlik nie ‘n skietery nie. So die aanname deur Steve Cohen is heeltemal verkeerd in die sin dat daar nie genoeg wapens was nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.