3 skuldig aan terreuraanval wat 148 eis

Foto: Yassin Juma/Facebook

Drie mans is daaraan beskuldig dat hulle in April 2015 ʼn aanval op Kenia se Garissa University College beplan en uitgevoer het.

ʼn Vierde beskuldigde is vrygespreek.

Hooflanddros Francis Andayi van Nairobi het bevind daar is genoeg bewyse dat Mohamed Abdikar, Hassan Aden Hassan en Rashid Mberesero die aanval destyds op die universiteit beplan en uitgevoer het.

Daar is op studente en universiteitspersoneel losgebrand en 148 mense is doodgeskiet. Talle polisiebeamptes is ook doodgeskiet.

Adayi het egter bevind daar is nie genoeg bewyse om ʼn vierde beskuldigde, Sahal Hussein, met die aanval of enige van die beskuldigdes te verbind nie, het die East African berig.

Die motief vir die 2015-aanval was om druk op die Nairobiese owerhede te plaas om hul troepe uit Somalië te onttrek.

Maroela Media het vroeër berig Garissa is nie ver van die grens met Somalië nie en die vermoede het aanvanklik ontstaan dat Al-Shabaab vir die aanval verantwoordelik was.

Die aanval het destyds net voor sonsopkoms plaasgevind toe militante die universiteit se koshuis geteiken het waar ongeveer 1 000 studente gewoon het.

Die drie mans sal op 3 Julie gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

K ·

Ons weet van watter “geloof” hulle is. Meer belaglik as Scientology.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.