3 sussies, 3 babas, 1 dag, 1 hospitaal

Die sussies en hul babas saam met die trotse pa's Foto: Twitter

Die sussies en hul babas saam met die trotse pa’s Foto: Twitter

Drie sussies van een gesin in Ierland het Dinsdag elkeen geboorte geskenk aan ʼn baba en ʼn vierde sussie se baba is binnekort op pad!

Mairead Fitzpatrick van Cloonfad, Roscommon, is een van die sussies wat geboorte geskenk het. Sy het aan RTE News at One gesê niemand het die drie geboortes op een dag verwag nie. “Ons het glad nie besef dit gaan op dieselfde dag gebeur nie,” het sy gesê.

Mairead het eerste om 03:25 gekraam, waarna haar suster, Joelyn Godfrey haar klein dogtertjie om 11:00 verwelkom het. Die derde sussie, Bernie Ward, se seuntjie is om 19:30 gebore. Mairead het ʼn seuntjie in die lewe gebring.

Mairead se datum was eintlik al op 28 Augustus. Dit is haar eerste kind. Joeylyn sou die vorige dag ʼn keisersnee gehad het. Dit is haar tweede baba. Dit is Bernie se derde kind en die babatjie het op die verwagte datum sy verskyning gemaak. Die vierde sussie, Christina, moes al op 30 Augustus gekraam het. Sinéad Hussey, verslaggewer van RTE, het Vrydagmiddag bevestig Christina se babatjie is nog steeds nie gebore nie.

Die babas is by Mayo General Hospital gebore.

Lees meer: Independent, Daily Mail

Four Sisters Babies

Die vier sussies

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rene ·

Hulle was baie duidelik almal by dieselfde partytjie gewees :D

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.