Drie sussies van een gesin in Ierland het Dinsdag elkeen geboorte geskenk aan ʼn baba en ʼn vierde sussie se baba is binnekort op pad!
Mairead Fitzpatrick van Cloonfad, Roscommon, is een van die sussies wat geboorte geskenk het. Sy het aan RTE News at One gesê niemand het die drie geboortes op een dag verwag nie. “Ons het glad nie besef dit gaan op dieselfde dag gebeur nie,” het sy gesê.
Mairead het eerste om 03:25 gekraam, waarna haar suster, Joelyn Godfrey haar klein dogtertjie om 11:00 verwelkom het. Die derde sussie, Bernie Ward, se seuntjie is om 19:30 gebore. Mairead het ʼn seuntjie in die lewe gebring.
Mairead se datum was eintlik al op 28 Augustus. Dit is haar eerste kind. Joeylyn sou die vorige dag ʼn keisersnee gehad het. Dit is haar tweede baba. Dit is Bernie se derde kind en die babatjie het op die verwagte datum sy verskyning gemaak. Die vierde sussie, Christina, moes al op 30 Augustus gekraam het. Sinéad Hussey, verslaggewer van RTE, het Vrydagmiddag bevestig Christina se babatjie is nog steeds nie gebore nie.
Die babas is by Mayo General Hospital gebore.
Lees meer: Independent, Daily Mail
Hulle was baie duidelik almal by dieselfde partytjie gewees :D
4 babas. 4 mammas. 1kerk. 1 dag. 1 doop.