30 sterf ná selfmoordbom in Pakistan

Pakistan

Pakistan

Minstens 30 persone is dood na ʼn selfmoordbomplanter homself Sondag tussen ʼn groep mense in ʼn openbare park in Pakistan opgeblaas het.

Haider Ashraf, woordvoerder van die polisie, het gesê vroue en kinders is ook onder die slagoffers in Lahore, Punjab.

Khawaja Salman Rafique, gesondheidsraadgewer, het gesê meer as 100 persone is in die aanval beseer.

Die dodetal kan moontlik styg, aangesien sommige van die beseerde persone in ʼn kritieke toestand is.

Die bomplanter het kinders se speelgebied geteiken toe mense in die namiddag die park begin verlaat het.

Die aanval het plaasgevind terwyl Christene in Pakistan Paasfees vier, maar dit is nog nie duidelik of lede van die minderheidsgeloof [in dié land] die teiken was nie, het Ashraf bygevoeg.

Niemand het tot dusver verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Hierdie gebeure vind plaas wanneer die skepsel nie toelaat dat sy Skepper oor hom die heerskappy voer nie.

Louis ·

Is n valse godsdiens miskien nie baie meer vatbaar vir radikalisering nie? Of is dit moontlik ‘n produk van die verwaarlosing van kinders wat die jeug van more is ?

Stormrider ·

Alle godsdienste, insluitend, en veral die Christendom, het ‘n geskiedenis van moord en doodslag. Ons kan nie die morele hoe-grond neem nie, al wil ons graag. Fundamentalism en radicalism sal jy by bykans alle gelowe vind. Alle gelowe indoktrineer die mens van ‘n jong ouderdom af in denkwyse en dogma. Dit vat ‘n spesiale vlak van intellek en waagmoed om terug te staan en alles te bevraagteken, om te besef dat geen mens vir jou kan voorskryf wie God is nie, maar dat God orals is en in jou hart gevind kan word as jy met opregtheid die waarheid soek.

Rupert Ashford ·

Stormrider, die Christelike geloof het nerens ‘n lering van geweld soos sommige van die valses daar buite nie. Waar Christene in die geskiedenis die moord en doodslag opsie gekies het was dit of as gevolg van politiek wat onder die dekmantel gewerk het (bv. Ierland-mens kan nog baie se oor katolisisme maar ons laat dit daar), of in reaksie op aggressie van sekere valse gelowe en die mens wat onder die indruk verkeer het dat hulle God se werk vir Hom moes doen, of boewe wat gerieflikheidshalwe die naam christen vir hulleself toegeeien het om legitimiteit te probeer verkry. Maar Christene word nerens geleer dat 1) ek deur my dade gered word nie, en 2) deel van daardie dade die gewelddadige onderwerping van ongelowiges of die doodmaak van ongelowiges is nie. Ons kan God ook nie orals rondom ons vind nie, allermins nie in elkeen van ons se harte nie want dan was ons almal gered. Shalom.

Ella ·

Dis so wreed dat hul ‘n plek waar kinders speel geteiken het. En daar is omtrent soveel mense dood as in Brussels. Geen nasie verdien dit nie. Rus in vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.