36 sterf toe veerboot omslaan

Foto: Archie Zapata Villaflores/Facebook

Foto: Archie Zapata Villaflores/Facebook

Minstens 36 mense is dood toe ʼn veerboot met 173 passasiers aan boord naby ʼn hawe in die Filippyne omgeslaan het.

Oorlewendes het aan Associated Press gesê die veerboot se boeg het skielik uit die water begin lig voordat die boot omgeslaan en begin sink het naby die hawe van die stad Ormoc. Die veerboot is van hout gemaak.

Volgens reddingswerkers word 19 mense steeds vermis en is 118 mense sover uit die water gered.

Armand Balilo, woordvoerder van die Filippynse kuswag, het gesê die veerboot is glo kort nadat dit die hawe verlaat het op pad na die Camotes-eilande deur ’n groot golf getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.