Oorlewendes het aan Associated Press gesê die veerboot se boeg het skielik uit die water begin lig voordat die boot omgeslaan en begin sink het naby die hawe van die stad Ormoc. Die veerboot is van hout gemaak.
Volgens reddingswerkers word 19 mense steeds vermis en is 118 mense sover uit die water gered.
Armand Balilo, woordvoerder van die Filippynse kuswag, het gesê die veerboot is glo kort nadat dit die hawe verlaat het op pad na die Camotes-eilande deur ’n groot golf getref.