Nepal se departement van binnelandse sake het bevestig minstens 37 mense is dood ná Dinsdag se groot aardbewing in dié land.
Die departement het gesê minstens 1 129 persone is beseer en word by verskillende hospitale behandel.
Meer as 8 000 persone is reeds in die land dood ná ʼn groot aardbewing op 25 April. Minstens 17 000 mense is beseer.
Dinsdag se aardbewing het 7.3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.
Volgens die ministerie is soek- en reddingspanne reeds ontplooi.
Besonderhede van infrastruktuurskade in die verskillende streke moet nog bepaal word.
Lees alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.