Lindie Prinsloo (39) is Vrydagmiddag dood aangetref by haar huis in Swakopmund, Namibië. Haar sesjarige dogter, Amelie, was na bewering tuis toe Prinsloo vermoor is.
Adjunkkommissaris van die polisie in Erongo, Erastus Iikuyu, het aan die Namibian gesê Prinsloo se liggaam is omstreeks 16:00 by haar huis in Vineta gevind. Sy het in ʼn plas bloed gelê en haar keel was afgesny.
Iikuyu het gesê die polisie is op soek na haar kêrel vir ondervraging. Volgens hom is die man glo gewelddadig en is tans uit op borgtog op aanklag van aanranding en dreigemente. Hy het Prinsloo glo ook gedreig met die dood.
Informanté berig Iikuyu het gesê die man het familie in Hentiesbaai en Omaruru.
Die aanvaller het met haar wit Kia-luikrugmotor (registrasienommer N1556S) weggery.
Prinsloo was in Outjo in die laerskool en het aan die Hoër Meisieskool Paarl in die Wes-Kaap gematrikuleer. Sy was ʼn grafiese ontwerper en skilder. Sy was ook die stigter van die Have-a-Heart-projek wat behoeftige troeteldiereienaars in Namibië gehelp het om hul troeteldiere te laat regmaak.
Medelye stroom in op haar sosialemediaprofiel.
Enigiemand wat die motor opmerk word versoek om die ondersoekbeampte sers. Kongoro by +264 81 229 0149 of hul naaste polisiestasie te kontak. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Sommer om die draai van my. Baie hartseer. Maar gelukkig is ons polisie wawyd wakker en is die gemors se fotos al oral versprei.
Hy slaap weer in die tjoekie voor die naweek om is.
Gaan kyk op hierdie blad na sy fotos en as enigeen wat hierdie lees iemand in Nam ken, versprei dit maar asb.
Ons sal nie sulke chaos hier duld nie.
https://m.facebook.com/informantenam/posts/1965872136813070
Die link met sy fotos spreek boekdele.
Alle vrouens wat ek al ontmoet het wat deur hul mans geslaan word, sê altyd dat hul man hul nooit sal doodmaak of aan hul kinders sal slaan nie, hoekom nog die kans vat? Daar is iets fout met ‘n vrou se brein wat by ‘n man wat aggressief teenoor haar is bly. Dis ‘n werklike mediese toestand wat terapie benodig. Ek vra alle vrouens wat deur hul man geslaan word en hom nie wil los nie, want hy is eintlik ‘n goeie man, om dadelik jul naaste psigiater te skakel. (Ek is nie sarkasties nie, ek bedoel dit uit die hart uit)
Baie sterkte aan hierdie vrou se familie en vriende en veral haar 6 jarige dogtertjie.
Ja ZAR,
As n man n vrou eenkeer geslaan het, kan hy haar ook eenkeer vermoor.
Wat n prag van n mens… en kan sien dat sy n baie sagte hart gehad het? ek hoop die vark wat dit aan haar gedoen het word vining gevang en gestraf vir dit wat hy gedoen het? ek voel bitter jammer vir haar 6 jarige dogter”’ wat moes die kind nie als sien gebeur?? dit het haar hele lewe verwoes… niks word genoem of die moordenaar haar saam gevat het? of net so gelos het…. my innige meegevoel?? aan die Familie….
Die dogter is agter gelaat by die huis en is veilig in familie se sorg
Mag God berustin en vertroosting brin in hierdie tyd.
Lindie was n steunpilaar. Sy was daar vir my so 8 /9 jaar terug. N wonderlike mens met n oop hart vir haar medemens. altyd met bemoedigende woord. Sy sal as n rots in baie van ons se lewens onthou word. Dankie Lindie vir wat jy vir jou vriende beteken het. Amen
@Jan Basson. Is hierdie Elmarie se dogter en Anita se kleindogter? Sukkel al jare om hulle op te spoor sonder sukses. Anita se man is Boxer. Sal jou antw waardeer.
Dit is Boxer se een dogter ja.
BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!
Uit op borg??? Wat besiel die vrou om met so gemors deurmekaar te geraak het…sy so mooi en talentvol…kyk nou…nee man…ons vrouens moet ons koppe gebruik! Veral nog as mens kids het…die gevaartekens was daar…ek hoop hy word gou gevang en mag hy sy dag kry!!!
Gevaartekens was daar….ons vrouens moet ons koppe gebruik…kyk nou die tragedie! Vuilgoed
‘Uit op borgtog’!!!!! Kan jy dit in jou lewe indink!!!! Die hoeveelste moord wat gepleeg word op hierdie manier!!!!!
Polisie soek na ‘n bruin manlike verdagte wat met ‘n wit Kia (Picanto of Rio) rondry.
my skoonma is 2 maande terug vermoor deur gemors wat uit op borg van r2000 was vir VIER moorde!!!!! as hul gesit het, het ons nog ons familie-engel by ons gehaf. innige simpatie aan haar vriende en familie! VIVA DOODSTRAF