399 babakrokodille in China gered

Die siamese krokodille wat in China gered is Foto: Chinanews.cn/He Qiuhong

Die siamese krokodille wat in China gered is Foto: Chinanews.cn/He Qiuhong

Altesaam 399 baba Siamese krokodille, ʼn beskermde spesie in China, is deur die grenspolisie in Guangxi Zhuang gered.

Die krokodille is Vrydag in ʼn huurhuis in Dongxing gevind toe die polisie huisregistrasie-inligting wou versamel, volgens die grenspolisie.

Die krokodille, elk omtrent 25 cm lank, is sowat 15 dae oud. Hulle is waarskynlik van Vietnam ingesmokkel, het die polisie gesê.

Die polisie het drie mans opgemerk wat gespanne voorgekom het, besig om goedere rond te dra. Hulle het die mans genader en ondervra. Twee van die verdagtes het met ʼn vragmotor gevlug, maar die derde persoon, wat uit die agterdeur wou vlug, is aangekeer.

Siamese krokodille is ʼn kritiek beskermde spesie van Suidoos-Asië. Hulle vel word gebruik as ʼn rou materiaal vir luukse leerprodukte op die internasionale mark. Dit is onwettig om hulle in China aan te hou sonder ʼn lisensie of met hulle handel te dryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.