4 000 Amerikaanse troepe na Afghanistan ontplooi

Afghaanse magte staan wag by nasienpunt by die Kabul-Jalalabad-snelweg buite Kabul, Afghanistan. Foto: AP Photo/Rahmat Gul, File)

Die Pentagon sal byna 4 000 bykomende Amerikaanse soldate na Afghanistan stuur, het ʼn beampte in die Trump-administrasie Donderdag gesê.

Dit is die grootste ontplooiing van Amerikaanse magte onder Donald Trump se presidentskap.

Die beampte het gesê Jim Mattis, sekretaris van verdediging, sal die besluit vroeg volgende week aankondig. Dit volg nadat Trump aan Mattis magtiging gegee het om soldatevlakke te stel en poog om bewerings, deur die top- Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan, aan te spreek dat hy nie genoeg magte het om Afghanistan se weermag teen ʼn Taliban-opstand te ondersteun nie.

Die bedreiging deur Isis-ekstremiste, ná ʼn reeks dodelike aanvalle in die hoofstad Kabul, het die versoek ondersteun vir ʼn sterker Amerikaanse teenwoordigheid.

Die bykomende troepe sal Afghaanse magte oplei en van raad bedien, volgens die beampte, wat anoniem wou bly omdat hy nie gemagtig is om besonderhede van die besluit bekend te maak nie.

ʼn Kleiner aantal soldate sal ook ontplooi word vir teenterreur-operasies teen die Taliban en Isis.

Vlootkaptein Jeff Davis, ʼn woordvoerder van die Pentagon, het egter gesê geen besluite is nog geneem nie.

Daulat Waziri, woordvoerder vir die ministerie van verdediging in Afghanistan, was ook huiwerig om kommentaar te lewer oor besonderhede. Hy het egte gesê die regering ondersteun Amerika se besluit om meer soldate te stuur. “Die VSA weet ons is in ʼn stryd teen terrorisme. Ons wil hierdie oorlog in Afghanistan verby kry met behulp van die NAVO-alliansie.”

Nasrullah Sadeqizada, wetgewer in Afghanistan, was egter skepties oor die bykomende soldate en het gewaarsku dat dit met die Afghaanse regering gekoördineer moet word en nie eensydig deur Amerika gedoen moet word nie. “Die veiligheidsituasie versleg steeds in Afghanistan en die uitlandse troepe wat hier is, maak nie die situasie beter nie,” het hy gesê.

Alhoewel Trump die outoriteit vir Amerikaanse soldategetalle in Afghanistan gedelegeer het, rus die verantwoordelikheid vir Amerika se oorloë en die mans en vroue wat daaraan deelneem, steeds op sy skouers. Trump het Amerika se langste konflik sonder enige eindpunt of gedefinieerde strategie vir Amerikaanse sukses, oorgeërf, alhoewel soldategetalle baie minder is as onder presidente Barack Obama en George W Bush. Obama het in 2009 ʼn groep van 30 000 troepe na Afghanistan ontplooi en die getal soldate in dié land op 100 000 te staan gebring, voordat hy die troepe oor die res van sy presidentskap verminder het.

Trump het nog nie veel oor Afghanistan te sê gehad tydens sy verkiesingsveldtog of as president nie, en het eerder gekonsentreer op Isis in Sirië in Irak. Sy voorgangers het albei gehoop om die oorlog te wen.

Bush het vinnig sukses behaal en vriendskaplike militante groepe gehelp om die Taliban te ontsetel kort ná die aanval op 11 September 2001, maar het weer verswak toe Amerika se fokus na Irak verskuif het.

Obama het ʼn groot deel van die land se Al-Kaïda-netwerk geëlimineer die sending goedgekeur waartydens Osama bin Laden doodgemaak is.

Byna 2 400 Amerikaners het sedert 2001 in Afghanistan gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ek neem aan jy het beter inligting oor wat in Afghanistan gebeur as Mnr Trump..
Sou jy dan as.jy in sy skoene gestaan het beter besluit het en daaruit geleer.het?
Anders waarom maak jy die opmerking?

Dawie ·

nog n klomp lammers slagpale toe geneem. net om Donald Trump se ego te streel.

Daniel ·

Die groter teenwoordigheid van troepe kan dalk help. Ek is egter vasoortuig dat die grootste problem wat Europa en die VSA in die gesig staar binne in hulle woonkamer is met die derduisende sogenaamde vlugtelinge wat hulle ingeneem het. Frankryk, Duitsland en Engeland terreur het ten hemele geskied na dit en nog vele meer aanvalle gaan van binne kom. Ek sê nie alle Islam aanhangers is terroriste nie maar dit is opmerklik dat die huidige terreur wel deur Islamiete gepleeg word.
Partykeer laat dit my dink aan my laaste vuisgeveg. Ek skree hardop “los my, los my, ek wil hom doodslaan” maar fluister terselfdertyd aan my vriend wat my vashou ” moenie los nie, die ou gaan my baie seer maak”. Hoeveel meer voordele is daar aan die situasie van die “meer soldate” gekoppel? Die soldate moet tog eet so meer voedsel en kontant kom die land ook binne om die ekonomie te help. Soms wonder ek maar net.

John ·

Om ‘n bankkrotskap te erf is erg, veral as die hele land, wat ookal jou besluit, dit afskiet en jy in elke geval voorgeskryf word deur ‘n donderende oorwig ‘kundiges’ in die Pentagon wat altyd ‘weet hoe’ terwyl skade en skande reeds braak le. Navo soek ‘US company’ en geld en ‘n paar nuwe 007-flieks vir die ledige ure so naby Rusland se grens. Die slinkse na-Nazi’s het Navo, die EU en die VSA-troepe in sy linies ingeplan om sy Rusland-angste te besweer, terwyl die nasate heerlik voortwoeker onder engeltjie om hul kloue in te slaan in sonder-enige-skoot-te-skiet-fontein; liewe Duitsland die wereld se grootste gifgas-vervaardiger/-verbruiker in die geskiedenis, nou weer aan’t woeker in haar nuwe modieuse fop-styl ~ en almal is gekul…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.