4-jarige verloor kankerstryd: Hartverskeurende foto moet bewusmaking skep

Jessica Whelan (Foto: A fight against neuroblastoma via Facebook)

Jessica Whelan (Foto: A fight against neuroblastoma via Facebook)

Waarskuwing: Die foto in die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Jessica Whelan, die vierjarige dogtertjie van Engeland wat ʼn “openbare” stryd teen neuroblastoom geveg het, is Maandag oorlede.

Meer as 130 000 het Whelan se stryd teen dié kinderkanker gevolg deur middel van haar Facebook-blad, A fight against neuroblastoma.

Haar pa, Andy Whelan, het die nuus Maandag op dié blad gedeel.

“Ek voel hartseer én verlig om vir julle te sê dat Jessica vanoggend 07:00 oorlede is. Sy sal nooit meer ly of die fisieke beperking van haar liggaam voel nie. My prinses het nou engelvlerke,” het hy geskryf.

Whelan het wyd opslae op sosiale media gemaak nadat hy ʼn foto van Jessica gedeel het waarin gesien kan word hoe sy huil en haar liggaam saamtrek van pyn weens die behandeling.

Hiermee wou hy bewusmaking oor kinderkanker bewerkstellig. “Ek bedoel nie om aanstoot met die foto te gee of mense te ontstel nie. Die doel daarvan is om op te voed – dit is dus belangrik om dit in konteks te sien,” het hy gesê.

“Die foto beeld die donkerte van kinderkanker uit. Miskien is daar self iemand wat genoeg kan doen om te keer dat geen ouer ooit weer hoef te sien hoe sy kind ly nie.”

Whelan het ook Jessica se stryd in die openbaar gedeel in die hoop dat daar eendag ʼn geneesmiddel vir dié kanker kan wees. “Ek smeek julle, as pa met ʼn gebroke hart – dit is te laat vir my dogter, maar daar moet ʼn geneesmiddel vir kinderkanker gevind word. Geen familie behoort deur hierdie hel te gaan nie.”

Besoek A fight against neuroblastoma op Facebook.

Bron: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Francois van der Merwe ·

Maroela media, waarom is dit nodig om so n foto te plaas?

Sune van Heerden ·

Dagsê Francois

Lees gerus die berig vir volledige besonderhede oor die foto. Dit is juis die pa se wens om die foto te versprei – hy wil spesifiek bewusmaking skep oor kinderkanker. Dit is glad nie ons doel om ons lesers te ontstel nie, en daarom het ons ook nie die volle foto op Facebook gepubliseer nie, en die berig word met ʼn waarskuwing gepubliseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sonet ·

Daar is soveel hartseer in daardie een foto saamgevat.
Dit is die wrede werklikheid, Francois. Gaan vanaand op jou knieë en sê dankie dat jy dit slegs op ‘n foto hoef te gesien het, en nie te ervaar het nie.

dom ·

Scroll verby. Jy kon duidelik lees foto mag dalk sensitiewe kykers ontstel. Duidelik is jy sensitief! Lees die artikel!!!!!!!!!!!!!

charlene ·

Francois – Heel bo voor jy enige iets lees staan daar die foto kan onstellend wees. Maroela Media hoef nie te verduidelik nie – ek is bly hulle het. Erens moet iemand teen kinder-kanker kan kry iemand moet iets vind wat dit kan genees. Kanker is `n vieslik `n woord wat geen mens moet vrees, daar. Jessica het nou engel vlerkies en haar pyn op aarde is verby, haar ouers is wel gebreek maar ek is dankbaar hulle kan ook insien haar leiding het tot op `n einde gekom. Die foto breek mens, jy kan die pyn in daai klein gesiggie sien. As moeder breek dit my en bring my aan trane. Stekte aan die ouers geen woorde kan julle pyn beter maak of weg vat, weet net sy speel nou by Jesus se voete.

Eileen ·

Ek weet ek moesnie kyknie, maar het ek wel gekyk. Die foto is ontstellend, en is dit verskriklik om te dink dat daar babas/kleuters/tieners/volwasse & bejaarde mense is wat elke liewe dag deur die pyn moet gaan. Ek kan net dankie Liewe Here sê vir my, my gesin en familie se gesondheid. Mag daar asb ‘n geneesmiddel gekry word teen hierdie aaklige siekte. Ek wil aan elke persoon wat ly sê ek bid vir julle – ek wat gesond is, besefnie waardeur julle en jul gesinne deurgaan nie. Here ek dra al hierdie mense op na U!

BOLANDER ·

Eileen, ek beaam 100% wat jy sê. Ons wat gelukkig en geseënd is om nie daardie pyn te voel nie, moet so oneindig dankbaar wees. Ek noem dit genade, genade, en nogmaals genade. Sterkte aan almal en ek dra julle ook op aan HOM!!

Andri ·

My hart breek in duisende stukkies vir hierdie pop. En die ouers wat dit moes beleef om hul kind se pyn nie minder kon maak nie.
Nóú is sy ‘n engeltjie! Lewe is darem maar onregverdig. RIP Engel ?

Linda ·

RIP Bokkie dis baie hartseer.Jy het geen pyn meer nie.
Aan die pappa en mamma baie sterkte ek het my pappa verloor 3 maande terug.Dit is n bitter pil om te sluk.Die verlange en hartseer raak nie beter nie my 1ste Kersfees sonder my Pa ek wil nie eers daar aan dink nie.
Sterkte Xxxx

Chanty ·

Pappa ek bid vir julle… laat ons Vader jou, jou gesin en familie deur hierdie moeilike tyd sal help.. ek bid vir jou, jou gesin en familie vir berusting.. baie sterkte.. geen woorde kan mens ooit beter laat voel nie… maar weet Jessica is nou sonder pyn en kan net die pragtigste engeltjie wees.. mag God jul styf vashou

Leana ·

Rus in vrede kleinding. Party van julle is nie bedoel vir hierdie lewe op aarde nie. Baie sterkte aan sy ouers en familie.

Cindy ·

Dis soooo ongelooflik hartseer. Dat so n klein lyfie deer soveel pyn en lyding moet gaan….. My hart breek in stukke net om te kan dink waardeer sy moes gaan en haar pappa…. ??????

Francie ·

Cindy, jy vat die woorde uit my mond uit – presies hoe ek ook voel.

Ann ·

Yolandi, daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord vir jou vraag nie. Dis eintlik ‘n bitter moeilike vraag om te antwoord, en ek praat nie sommer net nie.
Maar ek glo dat sulke klein vegtertjies gebruik word om mense te bekeer wat op ‘n kruispad is, en nie glo aan ‘n God van Wonders nie.
Ekself was op ‘n stadium baie ongelowig, maar na my seuntjie ook amper dood was, het ek geleer bid, en ander kinders se verhale het my geinspireer om net te bly glo, en soos ‘n kind te vertrou.

Liezl ·

Hi Yolandi, ek wil net vir jou sê dat ons ‘n God van liefde dien. En ons moet vashou aan Hom. Hy sal vir jou deurkom. Dit wat hier in die wêreld gebeur is nie wat Hy wil hê vir Sy kinders nie. Maar ons moet aanhou glo dat Hy daar is vir ons en dat maak nie saak wat nie…..Hy het ‘n plan met als. Dis baie moeilik, ons is menslik en wil Hom graag blameer vir als. Dink net ‘n bietjie aan jou pappa. Ons aardse pappas wil die beste vir sy kinders hê. En ons pappas kan nie altyd die beste vir ons gee nie. Ons kry baie kere ‘n nee in die lewe. Dit is presies met ons Vader ook, ons kan vra, maar dit gaan nie altyd ‘n Ja wees nie. Hoop jy verstaan dit so. Liefde oorwin als. Hy sal geduldig wag vir ons, Hy het ons baie lief. Ek ken jou nie, maar jy is Sy kind en Hy wil net die beste vir jou hê. Mag ons vandag vir Hom vertrou met ALS!!!!!

Christelle ·

Ek verstaan waarom haar pa die foto geplaas het. Mense is ‘te’ sensitief, maar wat hy uitbeeld is die wreede waarheid dit word nie bedek met suiker om soet te smaak nie…maar dit bly ‘n bitter wreede waarheid.

Lana ·

My ma is op 71 oorlede aan kanker. As ek dink hoe sy gely het en hoe erg dit is om magteloos toe te kyk hoe jou geliefde swaarkry, kan ek my maar net begin indink hoe erg dit moet wees as dit jou jong dogtertjie is wat ly. Ek dink dis dapper van die pa om toestemming te gee dat dit gepubliseer word, want nie almal besef wat daardie verskriklike siekte aan ‘n mens doen nie. Ek verstaan ook die feit dat hy sê hy is hartseer én verlig, want so verskriklik as wat dit is om jou geliefde te laat gaan, so dankbaar is jy dat hulle nou sonder lyding en pyn is. Baie sterkte aan hul hele familie.

Marli ·

Jy kon dit nie beter sê nie. Kanker is ‘n verskriklike siekte, en om jou geliefde (in my geval my pa) só te sien ly en vir die dokter vra hoe lank nog omdat die pyn te erg is, dit is dan eers as mens dit met jou eie oë gesien het en die trauma ervaar het, dat mens empatie en simpatie met hierdie dogtertjie se pappa het. Hartseer, maar tog verlig. Mag God hom, en baie ander mense wat deur sulke pyn gaan bystaan.

Rugga007 ·

Die cuts wat gevat het om sy dogter se lyding te deel met ander, wow, ek haal my hoed af vir jou. As n pa van twee woelwaters, my dogter is 5 en my seun is 1, is die openbaring, koester daai klein mensies, want jy weet nooit wanneer jy die bootjie moet stuur nie.

V ·

Yolandi nie n mooi selling om te maak. Ons almal moet sterf om weer te lewe. God se plan. Aan die ouers sterkte mag God julle troos in die moeilike tyd.

Karen ·

Bid asseblief elke aand vir elke ouer, elke pasient, elke personeellid wat met hierdie lyding werk elke dag. Dit is moeilik om elke dag met sulke situasies gekonfronteer te word. My innige meegevoel aan die familie. Mag die kuur vir sulke siektes nog in my leeftyd gevind word.

RUS IN VREDE ·

Ongelukkig kan ons NIE die lyding van ander ignoreer nie! Mense gee nie om oor die lyke en moordfotos in SA nie ook nie die SIRIESE kindertjies wat verdrink het wat uitgespoel het op die strande wat NOG meer hartsverskeurend was nie,inteendeel almal het dit geshare op FB en whatsapp. Hierdie kind het ontsettend gely, mense wat nie kanker het of iemand gesien het wat aan kanker sterf nie, distansieer hulleself lekker van die pyn en lyding van ‘n kind en haar HELE gesin .. dit is iets verskrikliks, en as jy dit nie sien nie, sal jy nie weet nie, dan kan jy regtig IGNORANT rondloop vir die res van jou lewe. Raak eerder betrokke by kankernavorsing en volunteer projekte, dalk kan julle ‘n ander kind hierdie lyding spaar. My hart breek vir hierdie kind en haar ouers . RUS IN VREDE poppie.

Linette ·

Dis dan ‘n ou baba-lyfie nog….RIV liefiekind, veilig by Jesus se Voete.

Kotie ·

Meisiekind jy het jou vlerkies verdien vlieg hoog aan die ouers ons dink aanjulle weet dat waar sy nou is is daar niks meer pyn nie.

Sag rus poplap!

Lize ·

Altyd hartseer as klein kindertjies swaarkry en sterf. Ek oorweeg dat inentings bydrae tot die skerp toename in kinderkankers. Ongelukkig weier die farmaseutiese bedryf om navorsing daaroor te doen. Kyk bietjie, op elke voubiljet van al die inentings staan ‘not tested for carcinogenic effects.’

Linda ·

Sit julle my nou so in trane, ek moes my brille afhaal. Die herinnering aan my eie seun (osteoblasiese sarkoma) se liggaam toe hy oorgesit is op morfien tuis om met sy leiding te help is soos gister weer voor my. Wat ons kindertjies deurmaak en ons as ouers, daars nie woorde nie. Jy is geskeur en loop mank die res van jou (op eie planeet) lewe. Ek voel persoonlik stem ek saam met Andy Whelan dat meer bewusmaaking nodig is vir kanker en mense wat gelukkig is om nie daar deur geraak geraak te word nie het geen idee of kan nie hulself indink hoe dit moet wees vir so gesin wat wat hierdeur worstel nie. Ongelukkig tref grafiese fotos die regte plek om n reaksie te kry. Jessica rus in vrede poplappie, nes my Dirkie. Nou gaan pappa en mamma met hulle koppe indie hemel loop want iemand vir wie hulle baie lief is bly daar.

Vasti ·

Ek kan nie verstaan waarom kan iemand wat pynlik sterf, nie in n mensgemaakte koma gesit word nie…die mediese wetenskap meng in op duisende maniere, hoekom nie in sulke gevalle nie?

Susan ·

Ek stem 100% saam met Vasti. Sit kinders in ‘n koma sodat hulle nie van die vreeslike pyn bewus is nie. Volwassenes moet die keuse van genade dood kan uitoefen as hulle nie meer kans sien vir die pyn nie. Hoekom langer ly as jy weet jy gaan in elk geval sterf en niks kan jou red nie? Ouers se harte is aan stukke om ‘n kind so te sien ly – wetend dat net die dood die verlossing sal bring. Ek is baie jammmer vir alle kankerlyers en hul naasbestaandes. Niemand weet wat hulle deurmaak as jy nie self daardie paadjie geloop het nie.

Theresa ·

Woorde kan nie beskryf wat mens voel vir hierdie mensie se lyding nie. En ook die dapper ouers was moes toekyk nie. Dan is dit maar beter om die bittere tydelike met die ewige te verwissel.

Grietjie ·

Dankie vir die hart-uit-ruk foto en net liefde en ondersteuning aan die ouers en naasbestaandes wat die kleinding se lyding moes beleef…. Asseblief laat ons begin praat oor genadedood…ons sou nooit ‘n troeteldiertjie so last ly het as die prognose nul was nie….hoe KAN on dit aan ons kinders doen??? Dankie aan Mnr Wherlan wat met hierdie daad moontlik ander kindertjies kan red van die vreeslike lyding. God met julle…alhoewel ek op die oomblik bitter kwaad is vir HOM! Mag die troos eendag kom…liefde uit die kaap

Denise ·

Ai dit is baie hartseer sterkte aan die familie !!!! En sterkte aan al die families wat ook deur sulke pyn gan !!!!!

Annali ·

Kan een mens nog vir my se dat genadedood nie n opsie moet wees nie!!!

Ons is diere meer genadig as mense!!!!

Geen mens verdien om so te lei nie

Suzett ·

Die foto mag miskien baie ontstellend wees, maar dit is meer ontstellend om jou kind so swaar te sien kry. Ek steun die pappa se bewusmakings veldtog om ‘n kuur vir kinderkanker te kry. En ja soos Linda in die kommentaar gaan my hart uit na elke ouer wat nog ooit sy ou kindjie so moes sien ly. Julle Dirkie het baie maatjies in die hemel en pynvry. Sterkte

Mamma ·

Rus in vrede engel kind, Ek is seker Liewe Jesus het n pragtige engel by gekry, mag die ouers eendag vrede vind, ek glo die Here sal nooit iets in jou hande plaas as Hy weet jy kan dit nie hanteer nie! Ons God is Groot en Almagtig en Hy sal julle deur hierdie moeilike tyd dra, Glo en vertrou, Sy het nie meer seer nie!

Chris ·

Rus in vrede kleine engeltjie.
Daar is n beter natuurlike middel vir kanker maar ongelukkig is dit nog n verbode middel in die land. Baie ander lande het al “ge-legilise”

oumie ·

Ag genade my VADER die seerste seer wat so Klein mensie moes deurmaak ek kan amper dankie sê dat sy nie meer pyn het nie sy gaan die mooiste engeltjie ooit wees

RC ·

Ai klein mensie, dit breek enige persoon se hart in duisende stukke. My inige simpatie vir haar ouers wat soveel moes deurmaak om haar so te sien lei. Maar nou is sy gelukkig by ons Hemelse Vader sonder enige pyn.

foxi ·

Asseblief Maroela……..dit is hartverskeurend…….Verwyder die berig!!!!!!!

Peet ·

Nee foxi, dit gaan hier oor bewusmaking en ons mag nie soos volstruise kop in die sand staan. My vrou is deur my versorg (alleen) totdat sy aan breinkanker langs my gesterf het. Dit is seker een van die ergste siektes wat jy nie eers jou vyand mog toewens.
Daar is reeds opnames wêreldwyd gemaak dat mense gebore na 1960 EEN UIT TWEE AAN KANKER GAAN STERF.
Ons kan net bid vir genesing van hierdie siekte wat jou toetentaal afbreek en dan eers doodmaak.
Tog is dit dat jy wel ‘n kans gegun word om in hierdie tyd van lyding nader aan God kan beweeg wat seker nie andersins sou gebeur vir ‘n ongelowige.
Kanker is egter niemand se maat.
Tref voorsorg deur gereeld toetse te ondergaan, dit mag dalk ‘n verskil maak. Onthou: “You won’t be the first one but you could be the next one”.

EvW ·

Ek het soveel om voor dankbaar te wees met my kinders wat gesond is…. Dankie Liewe Vader dit n gawe van U!

Mossie ·

Ja Jess, nou het jy engelvlerke – jy is waar daar net oneindige liefde en geen meer pyn of hartseer is nie, veilig in Jesus se arms. Sterkte aan haar mamma, pappa en al haar familie. Wat ‘n pragtige dingetjie was sy nie!

Hendrik de Winnaar ·

As n kanker-pappa ken ek die seer om jou kind te sien ly. Daar is eintlik niks wat mens daaroor kan sê nie.

Mel ·

Dis hartverskeurend , mens Kan di seer van daardie pappa Lees en aanvoel. Ek dink Jesus se tuin skitter al van al di Pragtige blommetjies wat Hy al kom pluk het, en daar is geen seer meer ni, sterkte vir di pappa en mamma wat di kindjie moes afstaan, en vir almal hier wat oom hul kinders moes afstaan aan di dood agv kanker wil ek net sê, God is by julle. RIV engelkind

Nicky Smit ·

Ek het nie woorde om die hartseer te beskryf nie. Die hemel weet, ek moet baie, baie meer dankbaar wees vir wat ek het, en dat ek kinders gehad het wat sonder pyn en siekte deur hul kinderjare kon gaan. Bly die ou dingetjie is nou sonder pyn, maar kan nie verstaan waarom sy daardeur moes gaan nie. Vir die ouers en familie, hoop julle kry rus, kalmte en vrede. Sterkte !!

Pyn ·

Ek dink dit is een van die moeilikste dinge wat enige persoon op hierdie aarde kan deur gaan om ‘n geliefde so te sien lei… So klein engeltjie verdien nie daardie pyn en leiding nie. Die lewe is so wreed!

Yolandi ·

Jammer julle, die berig en foto het my net soooooo hartseer gemaak soos ek weet vir almal van julle ook. Ek kan nie eers die comments lees nie, dan wil ek huil. Sit by die werk en lees skelm die nuus met ‘n helse knop in my keel. Seker omdat ek self ook ‘n 2 jarige seuntjie het en ek kan net dink hoe seer daai ouers moet he. Ons kan dit probeer indink en sodra dit te ontstellend is om daaraan te dink, kan ons weer aan iets anders dink en daarvan vergeet. Hierdie ouers moes deur dit leef en hoop en bid en Glo elke dag terwyl hul harte in stukkies is. Geen uitkom kans vir hulle nie. Hulle kon nie net wakkerskrif uit n nare droom en hul kind is weer gesond nie. Dis hoekom hulle se die ouers is seer maar verlig dat hul kind verlos is van die pyn. n Kind is so onskuldig en weet nie wat aangaan as hul so siek is nie, hulle verstaan nie, hulle leef die pyn so dapper deur en weet nie dat hul dit nie gaan maak nie. Dis hoekom ek se hoe kan God dit toelaat, maar ek verstaan wat almal vir my se van die groter plan en dinge wat toegelaat word wat ons verstand tebowe gaan.

Felansia ·

Dit het my ook hartseer – maar dit bring my tot die reality – MEER BID VIR ANDER WAT DIT HET. Dankie Heer dat my ek, my kinders, my man en ma nie hierdie silent killer het nie.
Ek dink die wat nog ‘n medikasie moet uitvind vir Kanker sal nou gouer maak.
Sterkte aan die ouers. Sy is dis pynvry en by Jesus. Hy sal kyk na haar. God weet die hoekom en die waaroms. Dit sal u as ouers nader aan Hom trek. Lief vir julle.

Marie ·

Meeste mense is Salig onbewus van wat mense deurskyn met kanker, dit het ek myself eers besef toe my man vir chemo en bestraling begin gaan, die rye sit propvol by hierdie medies instansies en as ons dit nie met ons eie oe gesien het en mense se stories daar gehoor het nie sou ons nooit besef het hoe dit is nie! Mense voordat jy volgende keer miskien kwaad word of jouself vererg vir n vreemdeling dink want ons weet nie en sien nie uiterlike tekens van kanker nie!

Godfried Myburgh ·

Rus In Vrede kleine dogtertjie, jy is van jou pyn en lyding verlos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.