
Die owerhede en lede van die publiek soek na oorlewendes tussen die puin in Turkye. (Foto: REUTERS/Tuncay Dersinlioglu)
Minstens vier mense is dood en 120 beseer toe ’n aardbewing van 7,0 Vrydagmiddag in die Egeïese See naby Turkye en noord van die Griekse eiland Samos voorgekom het.
Die kern van dié kragtige aardbewing was sowat 17 km van die Turkse stad Izmir en kon in Turkye sowel as op die Griekse eilande gevoel word.
Die aardbewing het tot hoë golwe gelei en het oorstromings aan dele van die Turkse kus tot gevolg gehad.
Ismail Yetiskin, burgemeester van die dorp Seferihisar in die provinsie Izmir, het gesê die seevlak het boonop gestyg as gevolg van die aardbewing. “Dit lyk asof daar ʼn klein tsoenami is.”
Verskeie geboue het weens die skudding ineengestort met tientalle mense is in Izmir in die puin vasgekeer.
Samos met sy bevolking van ongeveer 45 000 het ook deurgeloop. Minstens agt mense op die eiland het ligte beserings opgedoen terwyl skade aan ou geboue aangerig is.
Waarskuwings omtrent oorstromings op die eiland is intussen uitgereik.
“Ons het nog nooit so iets beleef nie,” het George Dionysiou, die plaaslike onderburgemeester, gesê. “Mense raak paniekerig.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Aaai toggie…
Erdogan, God slaap nie.
Hier gaan ons alweer met eindtyd-profesieë! Wel daar is soveel van hierdie profesieë wat praat van aardbewings, oorloë, ensovoorts. Die sogenaamde ring van vuur en ander aktiewe sones is in “overdrive” en kyk wat nog als in die Midde Ooste gebeur! Die Antichris is hier en ons moet opkyk!
Nee erdogan het niks oorgekom nie.