$40 000 in tweedehandse rusbank

v.l.n.r. Lara Russo, Cally Guasti en Reese Werkhoven Foto: Mike Groll/AP

v.l.n.r. Lara Russo, Cally Guasti en Reese Werkhoven Foto: Mike Groll/AP

Drie vriende, wat meer as $40 000 (R413 000) in ʼn tweedehandse rusbank ontdek het, het boonop die geld aan die 91-jarige weduwee teruggegee.

Cally Guasti, ʼn maatskaplike werker in New York, Amerika, het Donderdag aan AFP gesê sy en haar twee vriende het die ou rusbank en ʼn stoel in Maart vir $55 (R570) by ʼn Heilsleër-winkel gekoop. Hulle het gesien die armleunings is knopperig en een van die vriendinne het in April ʼn ritssluiter oopgetrek en ʼn koevert opgespoor. Daar was $4 000 (R41 000) in die koevert. Hulle het die ritssluiter op die ander armleuning ook oopgetrek en op die skat afgekom. Daar was uiteindelik $40 800 (R422 000) in die rusbank.

Guasti het later ʼn depositostrokie met ʼn vrou se naam daarop gevind. Reese Werkhoven, een van die vriende, het die vrou die volgende oggend gebel. “Ek het baie geld in daardie rusbank en ek het dit nodig,” het die vrou aan Werkhoven gesê.

Die bejaarde vrou het glo gehuil toe sy die geld terugkry. Haar familie het die rusbank aan die Heilsleër geskenk toe sy gesondheidsprobleme ondervind het.

Die drie vriende het elk ʼn beloning van $1 000 (R10 300) ontvang.

-SAPA

Mike Groll/AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

poppie oosthuizen ·

Sjoe dis lekker om bietjie goeie nuus te lees en nie net roof en moord soos gewoonlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.