40 babalykies in hospitaal gevind

baba1Die liggame van 40 babas is in ʼn staatshospitaal in Rio de Janeiro aangetref.

Plaaslike media het Maandag berig die babas is weens natuurlike oorsake óf tydens geboorte óf kort daarna oorlede, waarna die ouers hulle daar agter gelaat het.

Van die liggame is glo al vier jaar lank in die hospitaal se lykshuis. Vyftien van die liggame kan nie uitgeken word nie. “Die situasie is grusaam. Liggame word op mekaar gestapel en daar word nie daarna omgesien nie,” het staatsaanklaer Ana Christina Huth Macedo aan die Brasiliaanse uitsaaier, Globo, gesê. “Dit is selfs te moeilik om te beskryf waarop ons afgekom het.”

Die vonds is gemaak toe ʼn dwelmverslaafde ma van die hospitaal gevlug het nadat haar vroeggebore baba gesterf het, en ondersoekbeamptes wou weet waar die baba se oorskot is. – SAPA-DPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.