40 sterf in Kaboel-bomaanval

Rook wat trek ná die bomaanval in Kaboel. Foto: Rahmat Gul / AP

Rook wat trek ná die bomaanval in Kaboel. Foto: Rahmat Gul / AP

Sowat 40 mense is dood en meer as 200 beseer in ʼn bomaanval Dinsdag in Kaboel, die hoofstad van Afganistan.

DPA berig Taliban-militante het reeds verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar om Afgaanse veiligheidsmagte te teiken as deel van hul sogenaamde jaarlikse “lente-offensief” wat die Taliban verlede week aangekondig het.

Volgens plaaslike media het ʼn motorbom in spitstyd in ʼn residensiële area naby die huisvesting van manskappe van die nasionale veiligheidsdirektoraat (NDS) ontplof. Lede van die NDS se BBP-beskermingseenheid word glo daar gehuisves. Die eenheid beskerm hooggeplaaste Afgaanse amptenare.

Ná die bomontploffing het militante en veiligheidsmagte oor en weer op mekaar geskiet in ʼn besige openbare omgewing in die middestad.

Pres. Ashraf Ghani het die aanval veroordeel en gesê dit wys duidelik dat die “vyand nederlae ervaar in aangesig-tot-aangesig-aanvalle” met veiligheidsmagte.

Dié aanval is die dodelikste wat die hoofstad ervaar het sedert ʼn vragmotorbom in Augustus in die stad ontplof het. Altesaam 15 mense is toe dood en meer as 200 mense is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

So pas op die 7uur nuusbulletin waarin vertel het van ‘n moskee wat moslems wil oprig in Christengebied en die DA wat geweldig daarvoor stem, het ‘n moslem gesê dat islam staan vir vrede. Dit is opgevolg met ‘n berig van 28 mense wat die lewe gelaat het deur ‘n selfmoordbom.
Ironies nè. Die moslems glo hulself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.