400 000 infeksies op een dag, terwyl Indië onder virus steier

Pasiënte ontvang suurstof in mediese tent langs ‘n pad in Ghaziabad. Sowat 400 000 infeksies is oor die afgelope 24 uur in Indië bevestig. (Foto: Sajjad Hussain/AFP)

Indië se verwoestende styging in Covid-19-infeksies het Saterdag selfs verder toegeneem met meer as 400 000 gevalle binne 24 uur, terwyl inentings nou ten spyte van ʼn enorme tekort vir alle volwassenes beskikbaar gestel word.

Twee maande gelede het die minister van gesondheid gesê Indië het die einde van die pandemie bereik terwyl die land miljoene dosisse entstof landuit verskeep het. Uitvoere is nou gestaak en mense is desperaat om die entstof te ontvang.

ʼn Skare mense het Saterdag buite ʼn hospitaal in Delhi saamgedrom, een van die min plekke wat entstof beskikbaar stel aan diegene jonger as 45 jaar oud.

Tot nou het net diegene in die voorste linies, soos gesondheidwerkers, diegene ouer as 45 en mense met onderliggende siektetoestande die AstraZeneca- of Covaxin-entstof ontvang.

Maar selfs dié eenvoudiger program het gesukkel, terwyl die voorraad in sommige gebiede opgeraak het, of die entstof op ander plekke weens ʼn gebrek in aanvraag weggegooi is. Sommige mense is selfs te bang om tydens die nuwe vlaag hul huise te verlaat.

Tot dusver is sowat 150 miljoen inentings toegedien; dit is nagenoeg 11,5% van Indië se bevolking van 1,3 miljard mense. Slegs 25 miljoen mense het al ʼn tweede dosis ontvang.

Groot verwarring

Mediese toerusting word Saterdag vanuit Frankryk na Indië gestuur. Indië steier onder ‘n nuwe vlaag infeksies. (Foto: Lewis Joly/AFP)

Noudat die entstof aan alle volwassenes beskikbaar gestel word, kwalifiseer nog 600 miljoen mense vir die program, maar sommige gebiede het steeds nie genoeg voorraad nie.

Miljoene jonger mense wat vreesbevange is oor die huidige situasie en desperaat is om ingeënt te word, het reeds op die regering se aanlyn platform geregistreer. Bitter min van hulle kon nog afsprake kry en net sowat ʼn halfdosyn van Indië se 28 state het al met die inenting van mense onder 45 begin.

“Die helfte van my familie het positief getoets; so almal wil hê ons moet die entstof ontvang,” sê datawetenskaplike Megha Srivastava (35) buite die Max-kliniek, slegs een van drie private hospitale in die hoofstad wat jonger mense inent.

“Dit gaan nie volkome beskerming bied nie, maar gaan verseker indien ons siek word, ons minstens weer sal herstel.”

Verdere verwarring is veroorsaak deur die regering se besluit om die verskillende state en private hospitale te vra om self entstofvoorraad te bestel.

“Ons het die Serum-instituut van Indië genader en hulle het gesê hulle sal eers oor ses maande dosisse kan verskaf,” sê DS Dana, voorsitter van die Sir Ganga Ram-hospitaal in Delhi.

CK Bakshi, ʼn dokter by ʼn staatshospitaal, sê egter daar word geen probleme met voorraad ondervind nie en sowat 300 mense per dag word ingeënt. Die hospitaal het egter geen toestemming gekry om enigiemand jonger as 45 in te ent nie.

In Kolkata het Rupak Barua, president van die Vereniging van Hospitale in Oostelike Indië (AHEI) gesê “verwarring heers”.

“Private hospitale moes al hul voorraad aan die regering terugbesorg,” sê hy.

Beleid

“Die hele ding lyk vir my soos ʼn verwarde olifant. Wil jy die pandemie beheer, lewens red, of albei doen?” sê T Jacob John, ʼn afgetrede kliniese virologieprofessor by die Christian Medical College Vellore.

“As jy albei wil doen, benodig jy groot hoeveelhede entstof. En dit het ons nie.”

Hy sê ander kenners meen, gegewe die tekort aan entstof en die reusebevolking, dat Indië ʼn veel meer geteikende beleid moet volg en die entstofprogram op byvoorbeeld brandpunte moet fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MakersMark ·

Hoop al die domastrantes lees die berig. Maar daar sal nog wees wat sal stry en eie logika storetjies maak.

MakersMark ·

Nie my logika nie mediese navorsing en kennis. Die storetjies wat soms hier kwytgeraak word deur “experts” is misleidend. CV19 is ‘n realiteit. Sosiale afstand handhawing en dra van maskers hou die infeksie tempo laag totdat inenting voltooi is.

Johan ·

Dan neem ek aan jy verkoop ook maskers Dr….dit en vrees.

Johan ·

Daar is jul bewys dat die regering se regulasies ZERO positiewe inpak het. Na SA het Indië seker van die strengste inperkings, ontsmetings, masker dra, verbod op drank, en baie ander twak ingestel. Versmoor julle nou maar lekker ons ekonomie in jul maskers want dit dra niks by teen die virus nie. Ons het ons immuunstelsel nodig, jul ontsmetings breek dit af. Jul maskers is hoogs oneffektief en het baie meer negatiewe gevolge. Die jongmense is nie kwesbaar nie en ons kan hul immuunstelsel gebruik as “buffer”, maar jul regulasies vertraag dit. Ons kan ons immuunstelsel begin “leer” met sport en ander saamtrekke, maar jul keer dit ook. Daarom: los nou die regulasies wat duisende verswak en volg die bestaande protokol teen pandemies, was jou hande gereeld en bly tuis as jy siek is. Maar te veel mense maak te veel geld uit die paniek, die res is in so groot paniek dat hul nie meer kan dink daaroor nie. Dit sal stop sodra ons immuunstelsel dit stop.

MakersMark ·

Op watter wetenskaplike beginsels is jou storetjie gebaseer ? Wanneer ons immuunstelsels dit stop ? Soos met pokke, polio, geelkoors ens ? Waarom is daar inentings vir die siektes wat dit basies gestop het om miljoene te dood as immuunstelsels dit moes gedoen het ? Kan jy die paniek indink sou CV19 pokke gewees het? En die hoeveelheid dooies oor die eeue ? Edward Jenner die eerste inenting in die 17 de eeu gedoen juis omdat die immuunstelsel NIE die siekte kon oorwin nie. Dink jy moet meer google.

Johan ·

Dalk dink jy armoede en hongersnood is n grap maar ek moet dit elke dag sien terwyl jy verwoesting saai net om ernstig oorgeneem te word.

MakersMark ·

As die korrekte inperkings nie deur die regering gehandhaaf word nie sal jy armoede en hongersnood sien saam met ‘n nasionale ramp waar mense op die sypaadjies en parkeer terreine lê en sterf agv tekort aan mediese sorg en suurstof. Dan word die vrees ‘n realiteit soos in Indië huidiglik.

Johan ·

Ag ASB..dit is SARS nie pokke of polio nie, jy sê dit self…nou toe Dr. sê my gou, wat is inenting anders as “flue-shot” en dit is niks meer as immuunstelsel ontwikkeling nie. Gaan google JY gerus oor north-dekota vs south, in die een was maskers verplig en daar is GEEN verskil tussen die twee state se infeksies nie. Google gerus ook swede se median sterftes oor die afgelope 10 jaar, daar is geen verskil tussen 2019 en 2020 nie, tenspyte daarvan dat daar GEEN regulasies behalwe n waarskuwing was nie. Julle regulasies verkort meer mense se lewens weens wanvoeding as wat die REGULASIES goed doen. Ekt nie gesê dit is nie n dodelike virus nie, net dat jul regulasies meer skade doen as goed. Ten minste maak jy sekerlik n paar rand uit die paniek.

MakersMark ·

Dra van maskers en sosiale distansiëring bekamp weghol infeksie tempo’s. Dit weer keer dat hospitale en mediese instansies nie ineenstort agv toestroming van siekes nie. As infeksie tempo laag gehou word kan die samelewing aangaan so normaal as moontlik en mediese diensverskaffing kan byhou. Jammer as jy nie geld maak uit CV19 nie dit verander nie die realiteit of mediese feite daarvan nie.

annie ·

Alles oor entstof is bloot bespiegeling gegrond op hoop. Om te glo dit werk is bloot eie redenasie. Die virus was te gou op ons om werklik te kan bewys dat die ‘entstof’ ‘n verreikende positiewe effek het. Wat dit skynbaar net doen is om mense se immuniteit verhoog, of indien iemand reeds hoog immuun is, bloedklonte te veroorsaak. Maar wys ons enige entstof-miljarder wat sal erken dat sy saamgeflansde moeti gevaarlik is. Om te hoop die sg entstof help, is eintlik maar wat ons doen… en die geldjies rol in.

Andre ·

Hulle sal dak nou die R 120 mil se entstowwe by ons terugkoop vir R 200 milj… Net jammer ons het dit klaar verkoop vir R 60mil aan Afrika

Lorna ·

Dalk klink ek soos leek op die gebied
Word jy ingespuit met die virus soos met griep inspuiting
Dan moet mense mos in isolation geplaas word want dan is hul mos n gevaar vir mense op straat
Net gewonder

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.